scieee AI-readable full text Open interactive document viewer

Die bestuur van tegnologie en hoëvlakmannekrag: Die identitisering van enkele terreine vir navorsing in Suid-Afrika

Du Preez, N. P.,Uys, R.

Abstract

EconStor is a publication server for scholarly economic literature, provided as a non-commercial public service by the ZBW.

Full text

Du Preez, N. P.; Uys, R. Article Die bestuur van tegnologie en hoëvlakmannekrag: Die identitisering van enkele terreine vir navorsing in SuidAfrika South African Journal of Business Management Provided in Cooperation with: University of Stellenbosch Business School (USB), Bellville, South Africa Suggested Citation: Du Preez, N. P.; Uys, R. (1987) : Die bestuur van tegnologie en hoëvlakmannekrag: Die identitisering van enkele terreine vir navorsing in Suid-Afrika, South African Journal of Business Management, ISSN 2078-5976, African Online Scientific Information Systems (AOSIS), Cape Town, Vol. 18, Iss. 2, pp. 96-108, https://doi.org/10.4102/sajbm.v18i2.1004 This Version is available at: https://hdl.handle.net/10419/217962 Standard-Nutzungsbedingungen: Die Dokumente auf EconStor dürfen zu eigenen wissenschaftlichen Zwecken und zum Privatgebrauch gespeichert und kopiert werden. Sie dürfen die Dokumente nicht für öffentliche oder kommerzielle Zwecke vervielfältigen, öffentlich ausstellen, öffentlich zugänglich machen, vertreiben oder anderweitig nutzen. Sofern die Verfasser die Dokumente unter Open-Content-Lizenzen (insbesondere CC-Lizenzen) zur Verfügung gestellt haben sollten, gelten abweichend von diesen Nutzungsbedingungen die in der dort genannten Lizenz gewährten Nutzungsrechte. Terms of use: Documents in EconStor may be saved and copied for your personal and scholarly purposes. You are not to copy documents for public or commercial purposes, to exhibit the documents publicly, to make them publicly available on the internet, or to distribute or otherwise use the documents in public. If the documents have been made available under an Open Content Licence (especially Creative Commons Licences), you may exercise further usage rights as specified in the indicated licence. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 96 S.-Afr.Tydakr.Bedryfsl.1987,18(2) Die bestuur van tegnologie en hoevlakmannekrag: Die identitisering van enkele terreine vir navorsing in Suid-Afrika N.P. du Preez en R. Uys* Nagraadse Skool vir Bestuunwese, P.U. vir C.H.O., Potchefstroom, 2520 Republlek van Suid-Afrika Rtlt%ived 9 March 1986; acoq,taJ 25 OaJbet' 1986 The managerial function of the modern manager has undergone a shift of focus mainly due to the epidemic rate of technological innovations. Less emphasis is placed on the reaming whilst more time and greater involvement is spent on one-off activities. The modem trend to move from heavy industry to the service sector and high technology has caused a larger and varied need for high level manpower. The manager of today and tomorrow thus has to be equiped with applicable knowledge and skills. However, the following questions need to be answered: what these knowledge and skills are?, in what sense does these differ from the present?, what remains applicable?, the extent of the knowledge on the 'new' requirements?. The aim of this research is therefore to determine the spectrum and facets, the level of research in South Africa and to identify aspects on which research can be undertaken within the fields of management of technology and high level manpower. The total spectrum of management of technology can be devided into three strata namely the macro-, intermediatoryand micro strata, and discussions will centre within this framework. The micro strata is a compilation of the technology process and its elements and other factors which might have an influence thereon or be dependent thereupon. The various elements of the technology process are discussed separately while each element is defined precisely. The present state of knowledge on this specific subject is outlined and areas for future research are identified. Identical aspects are discussed under the headings of the various other elements that function within the framework of management of technology but external to the technology process. The prime objective of the preliminary investigation on management of high level manpower was to identify the elements of management that will possibly change or expand during the management of high level manpower. Thereby a structure could be developed whereby information and techniques could be gathered and developed for the management of these activities. Die bestuurstaak van die moderne bestwrder het veral weens die epidemiese afmetings wat tegnologieae innovasie aanneem, 'n klemverskuiwing ondergaan. Daar word nou veel minder klem op herhalende aktiwiteite gel~ en meer tyd en betrokkenheld word aan eenmalige aktiwiteite afgestaan. Die hedendaagse verskuiwing vanaf die swaar nywerheid na die dienstesektor en Id tegnologie het ook 'n verhoogde en gewysigde behoefte aan hoevlakmannekrag meegebring. Die bestuurder van vandag en mOre moet gevolglik vir die bestuur van hierdie tegnologie en tdvlakmannekrag met bepaalde kennis en vaardighede toegerus word. Die vraag ontstaan wat hierdie kennis en vaardighede is, tot watter mate dit van die huidige verskil, wat bly steeds toepaslik, en hoeveel kennis daar oor die 'nuwe' vereistes bestaan. Die doelwitte van hierdie navorsing is onder andere om die spektrum van dimensies en fasette, die stand van navorsing in Suid-Afrika en bepaalde terreine waarop navorsing ten opsigte van beide die bestuur van tegnologie en h~vlakmannekrag gedoen kan word, te identifiseer. Die totale spektrum van die bestuur van tegnologie word in drie strata, naamlik die makro-, intermedi~een mikrostrata, verdeel en ook as sulks bespreek. Die mikrostrata is 'n samestelling van die tegnologieproses en sy elemente asook van ander faktore wat 'n invloed daarop mag ~ of daarvan afhanklik is. Die samesteUende elemente van die tegnologieproses word eerstens afsonderlik bespreek en dek aspekte soos: die huidige stand van kennis oor 'n bepaalde onderwerp en dan word daar besondere klem op toekomstige terreine vir navorsing gel~. Vervolgens word dieselfde aspekte ten opsigte van die elemente van die bestuur van tegnologie wat buite-om die tegnologieproses funksioneer, bespreek. Daar is gepoog om met die loodstudie oor die bestuur van hoevlakmannekrag die elemente van die bestuur van mannekrag te identifiseer wat tydens die bestuur van h~vlakmannekrag wysig of verdiep. Sodoende sou 'n raamwerk daargestel kon word waardeur toepaslike inligting en tegnieke de1r navorsing versamel en ontwikkel kan word vir die bestuur van hierdie aktiwiteite. • Aan wie korrespondensie gerig moet word lnleldlng en Probleematelllng Uit bogenoemde vraag kristalliseer twee belangrike aspekte, naamlik: (i) Die bestuur van tegnologie en(ii) Die bestuur van botvlakmannekrag1• Die vermoi om die spesifiseerbare te bestuur, is feitlik vervolmaak. Die bestuurstaak bet egter gedurende die tweede belfte van hierdie eeu meer kompleks geraak. Met tegnologiese innovasie wat 'epidemiese' afmetings aanneem, word die bestuurstaak nou deur onsekerheid, snelle verandering, risiko en innovasie gekenmerk. Die feit dat die mens, waardeur ondernemings bestuur en bedryf word, van nature stadiger aanpas as wat die tegnologie ontwikkel, stel bestuur voor nuwe uitdagings in die 20ste eeu. Groot boeveelhede tegniese en intellektuele bro1U1e word vir die bantering en oplossing van hierdie bepaalde probleme vereis. Die vraag ontstaan onwillekeurig of die bestaande bestuunkennis voldoende en/of toepaslik is om hierdie groot boeveelhede tegnologiese ontwikkelings en betrokke bmlakmannekrag te bestuur. Utterback (1971 : 76) bet daarop gewys dat tegnologiese innovasie op internasionale handel, bedryfstrukture, die samestelling en ontwikkeling van nuwe ondernemings en bedrywe, en die groei en oorlewing van bestaande ondernemings en bedrywe 'n invloed bet, en dat bestuur van tegnologie meer as 'n sleutel tot kompeterende voordeel is. Volgens Utterback (1971 : 76), Feder (1981 : lOe) en Drucker (1985 : xii) is dit 'n komplekse probleem en behels dit meer as die ooglopende administrasie van navorsingsen ontwikkelingsprogramme. Dit is eerder 'n vereiste vir ekonomiese oorlewing. Terwyl die beboefte aan kennis en begrip aangaande S.Afr.J.Bus.Mgmt.1987,18(2) die ontwikkeling van tegnologie duidelik is, is die bestaande kern van sistematiese kennis op hierdie gebied relatief klein. 'n Besliste probleem binne hierdie navorsingsveld is die behoefte aan die ontwikkeling en sistematisering van definisies, maatstawwe en 'n model wat die proses van innovasie binne die ondememing en die ondememing se omgewing, asook die kompleksiteit van die proses en die betekenisvolle veranderlikes en verhoudings wat dit be'invloed, in ag neem. Hierdie gebrek aan gesistematiseerde kennis aangaande tegnologie en die bestuur van tegnologie, gekoppel aan die omvangryke invloed daarvan op interen intra-organisatoriese vlak, veral ten opsigte van die toepassing in die Suid-Afrikaanse milieu, vorm die kem van die een sy van die vraagstuk. Die gelydelike ommeswaai vanaf die sekondere sektor na die tersiere sektor, byvoorbeeld finansies, versekering en besigheidsdienste, en gevorderde tegnologie het egter ook 'n verhoogde en gewysigde behoefte aan hoevlakmannekrag meegebring. Geneem teen konstante 1980-pryse het die tersiere sektor se bydrae tot die BBP vanaf 31,4 % (1980) tot 34 % (1985) toegeneem. Hierteenoor het die sekondere sektor se bydrae tot die BBP vanaf 21,7 % (1980) tot 19,4 % (1985) afgeneem (Statistiese/ ekonomiese oorsig, 1986'87: 7). Hierdie verhoogde vraag, gekoppel aan die relatiewe onelastisiteit van aanbod en verhoogde taksering, het tot toenemende fokus op die aanwending en bestuur van hierdie mannekrag gelei. Hierdie fokus is belangrik aangesien die proses deur onsekerheid gekenmerk word. In die geval van nie-herhalende prosesse kan die proses nie gespesifiseer word nie, die gevolge kan nie bepaal word nie en 'n taakomskrywing kan nie akkuraat opgestel word nie. Die poste wat binne hierdie kriteria ressorteer is gevolglik kompleks om te bestuur. Dit lyk dus asof 'n 'nuwe' bestuursteorie en -praktyk ontwikkel moet word, wat van toepassing is op die gebiede waar tegniese en intellektuele bronne die dominante rol vervul. Bestuur sal in hierdie geval primer betrokke wees by die werwing en behoud van hoevlakmannekrag, asook die motivering, ontwikkeling en uitbou daarvan. 'n Verdere funksie van bestuur is die ontwikkeling van 'n inligtingsomgewing wat deur ho~vlakmannekrag benut kan word. Doel van die studle Die studie is ondemeem om vanuit 'n teoretiese begronding, aangevul deur inligting wat uit 'n relatief omvattende empiriese studie verkry is, terreine vir navorsing ten opsigte van die bestuur van tegnologie en ho~vlakmannekrag te identifiseer, ontleed en sistematiseer. Die klem in hierdie studie val primer op die identifisering van terreine vir verdere navorsing ten ~ sigte van die Suid-Afrikaanse situasie. Navorslngsmetodlek Ten einde die navorsingsdoelwitte te bereik is ongestruktureerde onderhoude met 'n verteenwoordigende, heterogene groep van eksponente van die vakgebiede gevoer; en - 'n literatuurstudie is oor die ondersteie onderwerpe gedoen. Die ongestruktureerde inligting wat tydens voorgenoemde onderhoude versamel is, is deur middel van ontledingsmatryse gestruktureer . Die onderskeie fasette, soos deur middel van die ontledingsmatryse ge'identifiseer, is vervolgens in homogene navorsingsvelde gegroepeer om 'n aanvanklike bydrae tot die sistematisering van inligting van die terreine te lewer. Modelle is ontwikkel waarin die interafhanklikheid van die elemente van die bestuur van tegnologie en hoevlakmannekrag aangedui word. Hierdie modelle vorm die kem van die artikel en dien as riglyn vir beide die kort oorsig oor elk van die elemente en die identifisering van navorsingsvelde. Bestuur van tegnologle Orientering Tegnologie het 'n belangrike element van ons lewens geword, met 'n impak wat voortdurend toeneem. Daar word baie sosiale en politieke kommer uitgespreek oor die wyses waarop tegnologie ons lewenswyse en werk be1 nvloed en of dit wenslik en beheerbaar is. In die literatuur is daar verskeie definisies van tegnologie en innovasie, byvoorbeeld Van Wyk (1985 : 4), Miner (1985 : 598) en Utterback (1974 : 658). Kortliks kan dit gestel word dat tegnologie as hulpmiddel tot die verbetering van transformasieprosesse dien. Dit gee meer altematiewe met besluitneming en probleemoplossing en verskaf gereedskap om take mee uit te voer. Die modelle waarin die interafhanklikheid van die elemente van die bestuur van tegnologie aangedui word, word in Figure 1 - 3 weergegee. Die omgewing waarmee ondernemings in wisselwerking verkeer, bestaan uit drie vlakke, naamlik 'n makrovlak (kulturele, politieke en ekonomiese stelsels), 'n intermediere vlak bestaande uit die netwerke (bemarking, logistiek, vakunies en tegnologie) waardeur die ondememing met die makrovlak verbind is, en 'n mikrovlak bestaande uit die stelsels binne die grense van die MAKROSTRATA INTERMEDI!RESTRATA MIKROSTRA TA Flguur 1 Die strata van die bestuur van tepologle 98 ondememing. Soortgelyk kan die bestuur van tegnologie in drie strata verdeel word. Elk van hierdie strata word vervolgens bespreek. Makrostrata Nasionale strategie vir die bestuur \.'an tegnologie Een van die belangrikste uitdagings vir industriele ekonomiee is die vennoe om nuwe industriee uit tradisionele industriee te ontwikkel. Die geskiedenis het bewys dat die proses van tegnologiese innovasie en aanpassing die sleutel tot kontinue ekonomiese groei is. Dit is 'n komplekse proses wat 'n kombinasie van produksiefaktore soos risikokapitaal, hoevlakmannekrag en entrepreneurs insluit. Die ontwikkeling van hierdie nuwe industriee uit die tradisionele industriee is 'n komplekse proses. Die belangrikste faktore wat tot die suksesvolle toepassing van gevorderde tegnologie lei is: -die beskikbaarheid van beleggingsof risikokapitaal; -die beskikbaarheid van hoevlakmannekrag; en -die teenwoordigheid van entrepreneurs wat die vereiste vir ri.-.iko-investering verstaan, en wat op 'n effektiewe en doeltreff ende wyse die kapitaal en geskoolde mannekrag kan integreer om innovasies en skeppende denke in winsgewende produksie te transformeer. 'n Noukeurige ondersoek van die kombinasie van hierdie faktore het daarop gedui dat 'n vierde faktor 'n rol speel in die ontwikkeling van gevorderde tegnologiese ondememings. Die teenwoordigheid van uitmuntende akademiese instellings speel 'n belangrike rot in hierdie proses, aldus Howell (1985 : 19). Tydens die projek het die respondente dit beklemtoon dat een van die belangrikste probleme in Suid-Afrika die dualistiese ekonomie is. Verder word die probleem vererger deur die gebrek aan hoevlakmannekrag en geskoolde arbeid. Die vraag kan gevra word of Suid-Afrika nie ryp is vir 'n nasionale strategic vir tegnologie nie. Wat nou dringend noodsaaklik geword het, is navorsing ten opsigte van die behoefte aan ontwikkeling en implementering van 'n nasionale strategic vir tegnologie. Dit is van wesenlike belang vir die herstel in die SuidAfrikaanse ekonomie, voortgesette groei in die ekonomie en die skepping van werkgeleenthede. lntermediftre strata Onder intermedi!re strata van tegnologiebestuur word die intra-industriele bestuur van tegnologie verstaan. Dit behels substelsels soos intermedi!re netwerke, -databa.o;isse, -tegnologie-industriee en tegnologiese navorsing deur nasionale navorsingsinstellings. In 'n onlangse artikel wys Cash & Konsynski (1985: 134) daarop dat inligtingstelsels die grense van mededinging tussen ondernemings kan verander. Kaufman (1966: 141) het beklemtoon dat bestuurders die moontlikheid van intrakorporatiewe stelsels moet ondersoek. Vandag is die mees dramatiese en potensieelkragtige gebruik van inligtingstelseltegnologie die benutting van intrakorporatiewe netwerke. Hierdie netS.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1987,18(2) werke bet implikasies vir sosialeen regeringsbeleidformulering en lewer 'n bydrae tot die verhoging van produktiwiteit, buigsaamheid en kompeterende voordele vir ondememings. lntermedi~re bestuur van tegnologie kan ook die struktuur van 'n industrie belnvloed. Mikrostrata en die tegnologieproses Die belangrikste elemente van die mikrostrata van die bestuur van tegnologie word in Figuur 2 vervat. Die tegnologieproses vorm die kem van die mikrostrata en is in Figuur 3 uiteengesit. Figuur 2 weerspieel die wederkerige interafhanklikheid tussen die tegnologieproses en ander elemente van die substelsel enersyds en die uitkringende invloed van tegnologie andersyds. Dit verteenwoordig in eff ek die spektrum van die bestuur van tegnologie intern tot die onderneming. In die konteks van voorgenoemde word die tegnologieproses vervolgens aan die hand van Figuur 3 bespreek. Vooruitskatting van tegnologie Tegnologie is reeds 'n geruime tyd die dominante krag agter verandering. Dit is egter eers onlangs dat bestuur die noodsaaklikheid van tegnologiese vooruitskattinp en die invloed daarvan op hut aktiwiteite besef het. Volgens Quinn (1967 : 89) is dit belangrik dat die doelwit met tegnologievooruitskatting voortdurend in gedagte gehou word. Die vooruitskatting van tegnologie kan bestuur help om geleenthede en bedreigings in die omgewing van die ondememing te identifiseer ten einde meer effektief op te tree en sodoende die ondememing se toekomstige posisie te verbeter. Daar bestaan bepaalde tegnieke om sodanige vooruitskattings te doen. Daar moet in gedagte gehou word dat daar beperkinp MIKROSTRATA BEPERKING IO FINANS1EEL 11 ===15-------~ FUNKSIONELE INDELING ---16 DIFFERENSIAS Tegnologieproses ---11 MANNEKRAG UITKRINGENDE INVLOED Flguur 2 Die mikroatrata van die bestuur van tegnologie S.Afr .J .Bus.Mgmt.1987, 18(2) TEGNOLOGIEPROSES VOORUITSKATTING I STRATEGIE EN INNOVASJE 2 VERKRYGING 3 PROJEKBESTUUR S OORDRAG 4 OORDRAG OORDRAG I OORDRAG Flguur 3 Die tegnologieproses op vooruitskattings is, onder andere weens onvoorspelbare interaksies, onvoorsiene vereistes, belangrike ontdekkings en onvoldoende inligting. Strategie en innovasie Tegnologie is 'n onontbeerlike mag in die kompeterende omgewing van die modeme onderneming en die rot van topbestuur in tegnologiese verandering en ontwikkeling in 'n ondememing is van kardinale belang. Van wesenlike belang is die feit dat topbestuur tydens die ontwikkelingsfase van nuwe tegnologiee 'n veel groter invloed op die prestasie van die ondememing kan lewer as tydens enige ander fase. Volgens Maidique & Patch (1978 : 273) word 'n eksplisiete strategie en beleid vir tegnologie selde in die kotporatiewe strategie van 'n ondememing gevind. Die beleid vir tegnologie sluit in die keuse tussen alternatiewe nuwe tegnologiee, die kriteria wat bepaal hoe hierdie tegnologiee by nuwe produkte en prosesse ingesluit word, en die aanwending van hulpbronne wat die suksesvolle implementering van tegnologiese verandering sat verseker. Dit bestaan dus uit 'n portefeulje van keuses en planne wat die ondememing in staat stet om eff ektief te reageer op die tegnologiese bedreigings en geleenthede in die omgewing. In die formulering van die tegnologiebeleid van die onderneming is daar ses basiese keuses wat die ondememing moet maak. Hierdie keuses behels die keuse en spesialisasie van nuwe tegnologiee, vlakke van vaardigheid, bronne van tegnologie, die investering in navorsing en ontwikkeling, kompeterende tydsberekeniog en die strukturering van die ondememing vir tegnologiese ontwikkeliog. Verkryging van eksterne tegnologie 'n Opvallende kenmerk van die huidige ekonomiese scenario is die omvangryke vloei van tegnologie tussen ge'l ndustrialiseerde lande, asook tussen ge'I ndustrialiseerde en ontwikkelende lande. Dit is belangrik om die 99 beste wyse waarop tegnologie en tegnieke verlcry, geabsorbeer en by die plaaslike ornstandighede aangepas kan word, te bepaal. Die verkryging van tegnologie beteken in hierdie geval die verkrygiog van kennis, ondervinding en vaardighede noodsaaklik vir die vestigiog van 'n bedryf en die vervaardiging van produkte (United Nations, 1973: 1). Die kruisvloei van tegnologie tussen bedrywe en ondememings in verskillende lande is normaalweg op 'n tegnologielisensie, wat die reg verleen om gepatenteerde tegnologie vir die doel van vervaardiging aan te wend, gebaseer. Die land wat die tegnologie ontvang (verkry), beskik normaalweg oor 'n tegnologiegrondslag. Die doel met die verkrygiog van tegnologie is dus die verkleining of sluiting van spesifieke tegnologiegapings. Die oordrag van tegnologie Volgens De Jesus (1983: 6) kan die oordrag van tegnologie gedefinieer word as die doelbewuste en doelgerigte oordrag van tegnologiese kennis van een groep na 'n ander. . De Jesus (1983: 66) gaan dan verder en stet dat die bestuur van die oordrag van tegnologie die volgende behels: 'Management of technology transfer can be seen as the conscious, deliberate, intelligent manipulation of resources and conditions so as to achieve and control the quality and quantity of technology to be transferred.' Hierdie doelbewuste, doelgerigte oordrag van tegnologie vanaf 'n versender na 'n ontvanger vind meervoudig binne die totale spektrum van tegnologiebestuur plaas en word in Figuur 4 aangedui. Die proses van die oordrag van tegnologie is 'n besigheidsen bestuursproses en nie 'n tegnologiese proses nie. Die oordrag vind tussen die navorsingen die ge(ver)bruikerstelsel plaas en gaan gepaard met 'n besigheidstransaksie waarby probleme soos imtallering, inbedryfstelling, bedryf en impak betrokke is. Versender: eksterne le nolo 1e Bu1telands/Bmnelands ONTVANGER lnterne ebruiker L-----"'-i~Be!:.!)m~a:!:!rk~1n~ Verbru1ker Interne legnolog1eontwikkehng en-oordra ( D1e punte waarop tegnolog1e oorgedra word vanaf 'n versender na n ontvanger 1s opeenvolgend genommer) Flguur 4 Die oordrag van tegnologie 100 S.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1987, 18(2) Tegnologiese innovasie Die proses van oorsprong, ontwikkeling en bekendmaking van tegnologiese ontwikkelings I! aan die kem van die industriele ondememing. In die geval van 'n groeiende industrie kan dit tot 'n groot kompeterende voorsprong lei. By 'n volwasse industrie kan dit tot diversifikasie en heraanwending van produkte aanleiding gee. Omgekeerd kan dit tot die oomame van tradisi~ nele markte en die vervanging van tradisionele produkte by ander ondememings lei. I nnovasie is gevolglik vir bestuur met betrekking tot beide die groei en oorlewing van ondememings, produkte en markte belangrik. Vir 'n ondememing om innovasie tot groot voordeel aan te wend is dit belangrik om die innovasieproses en die betrokke bestuursaktiwiteite te integreer. Die inn~ vasieproses is reeds deur Utterback (1971: 125) ge'identifiseer en gesistematiseer en word in Figuur 5 weergegee. Bo en behalwe die hestuur van die innovasieproses, is daar 'n belangrike ongedefinieerde bestuurstaak in die bantering van weerstand teen innovasie, die vermindering en voorkoming van negatiewe gevolge weens weerstand teen innovasie en in die neem van bepaalde stappe om innovasie te bevorder. ) Huidige staat van tegnologiese kennis , Herkenning van 'n behoefte Herkenning van 'n tegnologiese wyse waarop die behoefte bevredig kan word Sintese van hierdie inligting om 'n idee of voorstel vir ontwikkeling te formuleer ldeegeneruie Subproaea I > (lnisiering) Flguur 5 Die innova1iepr01es Voorstel of be- - fondsing Verdeling van die probleem in afsonderlike subprobleme Daarstel van spesifieke tegniese doelwitte Praktisering van doelwitte ~ Ontwerp van alternatiewe oplossings Evaluering van ontwerp alternatiewe deur aanwending van doelwitte en prioriteite Probleemoplosaing Sub proses TYD Huidige ekonomiese en sosiale aanwending Oplossing of proto- --e-, tipe ----eVervaardiging, ingenieurswese, toerusting en aanlegaktivering soos benodig vir die daarstel van die eerste prototipe of eerste aanwending in die mark lmplementering en verspreiding Subprosea 11 (Verspreidin (Utterback, 1973· 125) S.Afr .J .Bus.Mgmt.1987, 18(2) Vervaardiging W!reldwyd word vervaardigingsondememings deur toenemende mededinging in die gesig gestaar. Dit is 'n feit dat inligting vervaardigingsprodukte as die belangrikste komponent in die bruto binnelandse produk van die belangrikste nywerheidslande vervang. In SuidAfrika kan die tendens van 'n verskuiwing in die samestelling van die BBP waargeneem word (verwys Statistiese/ekonomiese oorsig, 1986/87). Daar is ook toenemende bewys dat vervaardiging as 'n kragtige kompeterende voordeel deur mededingers benut word. Wat die uitdaging so moeilik maak, is die feit dat die geheime wapen van mededingers nie gebaseer is op 'n beter produkontwerp, bemarkingsinnovasie of finansiele hulpbronne nie, maar dit is die ontwikkeling van superieure vervaardigingskapasiteite wat 'n belangrike rol in mededinging speel. Die rekenaar word vir die koordinering en beheer van die totale produksieproses, vanaf ontwerp en spesifikasies, deur die verkryging en kwaliteitsbeheer van roumateriaal en onderdele, en tot finale vcrskeping en distribusie, benut. Arbose (1985: 12) verwag dat volgehoue outomatisering en die toepassing van nuwe kennis op alle vlakke van die fabriekswese binne die volgende vyf tot tien jaar tot rekenaarge·t ntegreerde vervaardiging (CIM), die sogenaamde fabriek van die toekoms, sal lei. Wheelwright & Hayes (1985 : 100) beklemtoon ook die strategiese rol van tegnologie in vervaardiging. Suid-Afrika se produktiwiteitsyfer is van die laagste in die w~reld, en vergelyk baie swak met van die belangrikste handelsvennote van die Republiek. Die toepassing van nuwe tegnologiee in die Suid-Afrikaanse vervaardigingsindustriee is kritiek belangrik vir verhoging in produktiwiteit, maar ook om aan SuidAfrikaanse ondememings 'n kompeterende voordeel te verskaf. Beperkings op tegnologie(se ontwikkeling) Dit is 'n paradoks dat 'n groot knelpunt van die SuidAfrikaanse ekonomie sy rykdom aan (minerale) bronne is. Die sterkte van die industrie het veroorsaak dat die behoefte aan 'n gesonde sekond~re sektor afgeskeep is. Volgens Kates (1975 : 8) is 'n ekonomiese struktuur daarsonder ongebalanseerd en die ekonomiese opsies onbuigbaar. Nuwe tegnologie is een van die noodsaaklike komponente van nywerheidsinnovasie, en dit is reeds ge'identifiseer as 'n behoefte binne die SuidAfrikaanse ekonomie. Ten spyte daarvan dat 'n stcrk binnelandse tegnologiebedryf 'n groot aanwins vir die land sat wees, kom dit steeds nie tot sy volle reg nie. Tydens die loodsstudie is 'n aantal beperkende faktore tot die ontwikkeling van 'n Suid-Afrikaanse tegnologiebedryf ge'i dentifiseer. Hier die faktore word in Figuur 6 aangedui. Die omvang en invloed van hierdie faktore moet egter deur navorsing bepaal word. Die bestuur van inligtingstegnologie Stonier (1983: 9-214) waarsku dat die stygende WC;"k loosheidsyfer in die Westerse w!reld op strukturele ver101 anderings dui. Volgens hom is daar •n nuwe verskuiwing vanaf die industricle ekonomie na 'n ekonomie waar rykdom deur inligting gegenereer kan word. Volgens Dizard (1982: xiii) leef ons aan die begin van die inligtingseeu en behoort daar binne die volgende vier dekades 'n universele elektroniese inligtingsnetwerk, wat in staat sat wees om enige persoon te bereik, te bestaan. Die probleme wat nou aangespreek behoort te word, is op die terrein van die ekonomiese en sosiopolitiese omgewings. Volgens hom is die koordinasie tussen die tegnologie en laasgenoemde twee fasette baie dringend om geleenthede te identifiseer vir 'n nuwe inligtingverrykte beskawing. Tegnologiese ontwikkelings op die terrein van tegnologiebestuur is steeds besig om teen 'n geweldige tempo te vorder. Dit bly dus 'n belangrike terrein vir navorsing. Differensiasie Die respondente se terugvoer dat die bestuur van tegnologie 'anders' is word hoofsaaklik op drie eienskappe van tegnologie gebaseer, naamlik: onstabiliteit, kompleksiteit en risiko. Die voorkoms van hierdie eienskappe binne bepaalde vakgebiede kan diagrammaties soos in Figuur 7 voorgestel word. BEPERKENDE Flguur 6 Enkele faktore wat tegnologie(se ontwikkeling) beperk ONSTABIEL TEGNOLOGIESE INHOUD STABIEL KOMPLEKSITEIT """nT ~~·~ X TEGNOLOGIE Flguur 7 Differensiasie binne bepaalde vataebiede 102 Weens die hoe mate van kompleksiteit en onstabiliteit van die inhoud van tegnologie is daar 'n hoe mate van risiko aan verbonde. As dit dan gekoppel word aan die feit dat die tydsduur van die ontwikkeling van tegnologie veel langer is as die uiteindelike lewe van die tegnologie, word die bestuurstaak verder gekompliseer. Die presiese mate waartoe dit gekompliseer word, die wyse waarop die bestuurstaak aangep~s moet wo~d en die aspekte wat geraak word is egter n1e bekend me. Uitkringende invloed van tegnologie Dat tegnologie 'n impak op die bestuurstaak geha~ het, is ongetwyfeld waar. Dit help in die eerste plek vrr bestuur om hulle taak 'beter' uit te voer, maar skep ook onvermydelik vrae. Drucker (1981: 12) het dan ook daarop gewys dat dit belangrik is dat da~r geleer word om _tegn<; logie te bestuur, nie net om d1t aan te w~nd me: D~t vereis 'n begrip van die proses van tegnolog1e en die d1namika daarvan. Tegnologie het reeds so ontwikkel dat daar tussen gevorderde tegnologie en tegnologie onderskei word. Gevorderde tegnologie, wat 'n wetenskaplike en ingenieursgrondslag het, met 'n gepaardgaande hoe eenheidskoste en minder menslike betrokkenheid, het 'n omvangryke en drastiese impak op bestuur, die gemeenskap en ekonomie, asook op elke individu se lewe (Drucker, 1981 : 27). Daar bestaan 'n groot besorgdheid dat modeme tegnologie so ver ontwikkel bet in terme van effektiwiteit en meganisasie dat menslike en omgewingswaardesisteme bedreig word. Hierdie gevolge/effekte mag gevind word in afwesigheid, werkontevredenheid, vervreemding, besoedeling, afname in die waarde van werk, asook ander sosiale en ekonomiese afwykings. Verandering in tegnologie het sosiale, ekonomiese en politieke invloede. Tegnologie speel egter ook 'n belangrike rol in produktiwiteit, wat ook 'n nasionale sowel as organisasievraagstuk is. Alhoewel tegnologiese ontwikkelings druk op die gemeenskap plaas, gebruik die gemeenskap die tegnologie om behoeftes en aspirasies te bevredig. Volgens Miner ( 1985 : 603) sou die bestuur van tegnologie dus die versoening tussen hierdie druk en vereistes beteken. Slotopmerkings Die bestuur van tegnologie is nie tot voorgenoemde fasette beperk nie, maar sluit onder andere ook projekbestuur, stelsels en prioretisering, die invloed van tegnologie op funksionele bestuur, asook robotika in. Die navorsing het egter getoon dat die grootste gebrek en behoefte aan kennis binne die terreine soos bespreek, bestaan. Navorsing wat meer lig op hierdie onderwerpe kan werp sou dus noodwendig 'n groot bydrae ten opsigte van die uitbou van bestuurskennis en -vaardigheid, lewer. Bestuur van ho¥vlakmannekrag Orientering Vanuit 'n bestuursoogpunt is verandering nie meer 'n seldsaamheid nie, maar 'n werklikheid van die laat 20ste S.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1987,18(2) Plt0JDll5M1I -PROFESSJON!.L! !CO'S EN VERDHLDE LOJALIT!JT - GESA.GSDUB8!.LSINN1GH!ID EH VERANTWOORDELlkH!.IDSVERWARRING - T!CNOLOGI!. VOORl!UR! FJi UON<IUESI!. OPOFFKRINC - INTIIPIISOONLill lORTSIGTICHIID IN GROEPSAnAllLINC BESTUUR VANHOm-AK-MA-NNEJRAG . -----------------, I PROFIEL VAN HO~VLAKMANNEKRAG T I , I i ' =1w=ER=w=1N=G-cE=N-cK=E=uR=1N..:CGt-- ~TEKORT AAN5ll IHOEVLAKMAN1 NEKRAG ESTUUR VAN HO VLAKMANNEKRAG VAKllONDE7 I I I f'~9 O~TW1KKELING10 IlEOORDEUNG Flguur 8 Die bestuur van hoevlakmannekrag eeu. Daar word ook voorspel dat die tempo van verandering nie gaan afneem nie, maar eerder sal toeneem en dat die taak van bestuur veeleisender en meer gekompliseerd gaan raak. Die verwagting is dat die bestuur van hoevlakmannekrag besondere kwaliteite en vaardighede vereis en dat dit ten opsigte van bepaalde aspekte van die algemene bestuurstake verskil. Enkele van hierdie aspekte wat moontlik besondere eise mag stel, is deur middel van onderhoude wat d~r kruisverwysings in 'n ontledingsmatrys ontleed 1s, aangevul deur 'n literatuurstudie, bepaal. Die verband tussen die onderskeie aspekte wat of as 'anders' of in besonder van toepassing op hoevlakmannekrag uitgekristaliseer bet, wor.d hoofsaaklik gekenmerk deur opeenvolgende interathanklikheid. Ten ein~e 'n geheelbeeld te verkry, word hierdie elemente d1~- grammaties in Figuur 8 voorgestel. Daar word me gepoog om die onderlinge verband tussen die el~ente aan te dui nie, maar eerder om die talle selfstand1ge elemente wat binne hoevlakmannekrag gelntegreer is, weer te gee. Projekbestuur Daar bestaan 'n groeiende geneigdheid in sowel die openbareas privaatsektor om organiese organisasiestrukture aan te wend in 'n poging om die snelle tegnologiese verandcrings en unieke klientvereistes ~e hanteer. Volgens Greiner & Schein (1981 : 17) IS sodanige organisasies geneig om matriksstrukture aan te wend ten einde 'n verskeidenheid projekte, waarby spesialiste uit verskillende funksionele gebiede betrek is, te bestuur. Nuwe bestuursoplossingslbeginsels is nodig ten einde samehorigheid en rigtinggewing binne 'n pr?" jekgeorienteerde matriks te bevorder sonder dat die S.Afr .J .Bus.Mgmt.1987, 18(2) noodsaaklike huigsaamheid ondermyn word. Weens die toenemende geneigdheid tot die benutting van hoevlakmannekrag binne projekverband, word die elemente wat die bestuur van hoevlakmannekrag karakteriseer in projekbestuur belangrik. Bo en behalwe die elemente soos vervat in Figuur 8, speel vier ander fasette volgens Greiner & Schein (1981 : 17) 'n belangrike rot in die bestuur van hoevlakmannekrag binne projekverband. Hulle som dit as professionele ego's en verdeelde lojaliteit, gesagsdubbelsinnigheid en verantwoordelikheidsverwarring, tegnologie voorkeure en ekonomiese opoffering en interpersoonlike kortsigtigheid en groepsaftakeling, op. Enkele bestuursaspekte wat gedifferensieerd by die bestuur van hoevlakmannekrag toegepas word Pro.id van hdevlakmannekrag Daar moet nog tot 'n groot mate bepaal word watter kategoriee werknemers onder die term hoevlakmannekrag ressorteer. Voorlopig word dit aanvaar dat dit innoveerders, entrepreneurs, ingenieurs, wetenskaplikes, professionele persone en persone in middelbestuursvlak en hoer poste insluit -slegs indien hulle spesialistake bo en behalwe hul bestuurstake moet uitvoer. Gebaseer op definisies en ander historiese sowel as moderne opvattings, kan die volgende profiel van hoevlakmannekrag voorlopig saamgestel word: dra van risiko; omskepping van produksiefaktore in produkte; beskikkingsmag oor produksie-elemente; neem van inisiatief; aanvaarding van onsekerheid; innoverend en kreatief/ skeppend; leidinggewend in die ondememing; glo in leierskap; persoonlikheid en intu'i sie; persoonlike visie; werkolis; buigbaar; opgelei en gesofistikeerd; loopbaangeorienteerd; werk outonoom; dikwels eksentriek; goeie selfbeeld; kan doelwitte deur spanwerk bereik; laag in konformiteit; onbuigsaamheid en konservatisme. (Saamgestel uit: Jooste, 1984: 33; Keller, 1980: 3-4; Nussbaum, Wilson, Moskowitz & Beam, 1985: 6279; Kanter, 1985: 95-105). Tekort aan hdevlakmannekrag In die literatuur is daar verskeie verwysings na die probleem van 'n tekort aan hoevlakmannekrag. 'Tegnologiese ontdekking het "epidemiese" afmetings aangeneem en onder andere gelei tot die sogenaamde kompaktering van tyd. Wetenskaplike kennis verdubbel elite tien jaar, en die invloed op die individu is voor die handliggend -verouderde individue. Enkele voorbeelde is die rekenaar, televisie, nuwe wyses van telekommunikasie, ruimtetegnologie en die laserstraal.' (Du Preez, 1985: 1). Volgens Sutton (1980 : 5) nader SuidAfrika 'n tydperk van emstige tekort aan vaardige, professionele en bestuursmannekrag, veral aangesien hierdie mannekrag tradisioneel uit die blanke bevolking gekom het en hierdie tekorte nie vanuit inteme bronne aangevul kon word nie. Aanvullend hiertoe het die tak vir Ekonmniese Beplanning van die Kantoor van die Eerste Minister in 'n vooruitskatting van Suid-Afrika se mannekragbehoeftes bevind dat die persentasie professionele en verwante 103 Tabel 1 M annekragtekorte Beroepsgroep Vakaturekoen (%) Professioneel, semi-professioncel en tegnia 7 lngenieun (uitgesonderd bedryfsingenieun) 33 lngenieurstegnikus 18 Tegnikus-tekenaar 9 Opleidingsbeamptdwerkstudiebeampte 10 Die res nie bier van toepassing nie (Venlag van die Nasionale Mannekragkommillie 1983:128) werkers van 9% van die totale arbeidsmark in 1977 tot 11,3% in 1987 sat toeneem; en die persentasie arbeiders gedurende dieselfde tydperk van 22% tot 17 ,6% sat daal. (Mannekragkommissieverstag, 1981: 82) Die bevindings in 'n opname deur die Departement van Mannekrag in 1983, wat 'n groot aantal beroepe dek en inligting verskaf omtrent tekorte van mannekrag op 'n gedetailleerde beroepsgrondslag, word in Tabet 1 weergegee. Alhoewel die dringendheid en ornvang van die tekort aan hoevlakmannekrag wel deeglik besef word, t~ die veld na die oplossing van die probleem nog braak. Bestuur(der) van hdevlakmannekrag Die algemene hoevlakwerknemer het bepaalde verwagtinge ten opsigte van sy bestuurder, onder andere dat hy 'n goeie begrip van sy ondergeskiktes se werk moet M, waardering en aanmoediging moet verskaf en effektiewe beplanning en skedulering moet doen (verwerk uit Farris, 1973). Faktore wat sodanige beoordeling moontlik sou be"lnvloed en wat waarskynlik 'n belangrike rol speel in die sukses van die dag-tot-dag-bestuur van hoevlakmannekrag word in Tabet 2 gegee. Tabel 2 Faktore wat beoordeling be'lnvloed Die verband tussen die bestwrder se toesighouervaardighede en die groep se innovasieprestasie. Tydsdruk waaronder daar gewerk word. Die informele organisasiestruktwr. Toesighouding as 'n proses van invloed. Die bestuur van doelwitstelling. Invloed op die interaksie wat binne informele organisasiestrukture voorkom. Fasilitering van die professionele groei van sy ondergeskiktes. Prestasiebeoordding Die onderskeie respondente het eenparig in hulle terugvoer aangedui dat prestasiebeoordeling van h~lakmannekrag, veral vanwee die hoe koste verbonde aan hierdie mannekrag, noodsaaklik is. Hulle is dit egter ook eens dat die algemene beoordelingstegnieke vir die laer vlakke van mannekrag nie toepaslik is nie, en dat daar