Rassegroepe se evaluering van kriteria by motovoertuigaankope
Abstract
EconStor is a publication server for scholarly economic literature, provided as a non-commercial public service by the ZBW.
Full text
Du Plessis, P. J. Article Rassegroepe se evaluering van kriteria by motovoertuigaankope South African Journal of Business Management Provided in Cooperation with: University of Stellenbosch Business School (USB), Bellville, South Africa Suggested Citation: Du Plessis, P. J. (1987) : Rassegroepe se evaluering van kriteria by motovoertuigaankope, South African Journal of Business Management, ISSN 2078-5976, African Online Scientific Information Systems (AOSIS), Cape Town, Vol. 18, Iss. 4, pp. 215-222, https://doi.org/10.4102/sajbm.v18i4.1020 This Version is available at: https://hdl.handle.net/10419/217977 Standard-Nutzungsbedingungen: Die Dokumente auf EconStor dürfen zu eigenen wissenschaftlichen Zwecken und zum Privatgebrauch gespeichert und kopiert werden. Sie dürfen die Dokumente nicht für öffentliche oder kommerzielle Zwecke vervielfältigen, öffentlich ausstellen, öffentlich zugänglich machen, vertreiben oder anderweitig nutzen. Sofern die Verfasser die Dokumente unter Open-Content-Lizenzen (insbesondere CC-Lizenzen) zur Verfügung gestellt haben sollten, gelten abweichend von diesen Nutzungsbedingungen die in der dort genannten Lizenz gewährten Nutzungsrechte. Terms of use: Documents in EconStor may be saved and copied for your personal and scholarly purposes. You are not to copy documents for public or commercial purposes, to exhibit the documents publicly, to make them publicly available on the internet, or to distribute or otherwise use the documents in public. If the documents have been made available under an Open Content Licence (especially Creative Commons Licences), you may exercise further usage rights as specified in the indicated licence. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
S.Afr.J.Bus.Mgmt.1987, 18(4) 215 Rassegroepe se evaluering van kriteria by moto"oertuigaankope P.J. du Plessis Skool vir Bedryfsleiding, Universiteit van Suid-Afrika, Posbus 392, Pretoria, 0001 Ontvang 5 Mei 1987; Aanvaar 10 Junie 1987 The objective of this study was to determine whether differences and/or similarities exist in the relative importance of evaluation criteria between the various race groups in South Africa when purchasing a motor vehicle. The sample consisted of 577 whites, 114 coloureds, 102 Asians and 109 blacks mainly from metropolitan areas. Variance analysis was applied to establish that there were 52 significant differences out of a total of 65 evaluation criteria with respect to the various race groups. Results showed that the biggest significant differences occurred between whites and blacks (66% of the evaluation criteria) and between whites and Asians (43% of the evaluation criteria). Die doel van hierdie studie was om te bepaal of daar ooreenkomste en/of verskille bestaan tussen die verskillende rassegroepe in Suid-Afrika se evaluering van kriteria by die aankoop van 'n motorvoertuig. Die steekproef het bestaan uit 577 Blankes, 114 Kleurlinge, 102 Asiers en 109 Swartes van hoofsaaklik metropolitaanse gebiede. Met behulp van variansie-ontleding is daar vasgestel dat daar beduidende verskille ten opsigte van 52 uit die 65 evalueringskriteria met betrekking tot die verskillende rassegroepe is. Die resultate het verder aangetoon dat die grootste verskille tussen Blankes en Swartes (by 66% van die evalueringskriteria) en tussen Blankes en Asiers (by 43% van die evalueringskriteria) voorgekom het. In die Suid-Afrikaanse motorvoertuigmark vertoon kopers 'n heterogene samestelling ten opsigte van ras, kultuur, geslag, ouderdom, inkomste, waardes, houdings en motiewe. Wat ras betref is daar 'n neiging dat die Blankeverbruikersmark se aandeel van geregistreerde passasiersmotorvoertuie 'n daling begin toon (Du Plessis, 1986:15). Daarenteen toon die Kleurling-, Asieren Swartrassegroep 'n neiging van positiewe groei betreffende die aandeel in die totale mark van geregistreerde passasiersmotorvoertuie. Blankes se aandeel in geregistreerde motorvoertuie in 1983 het 1,8 miljoen beloop; die van Kleurlinge 151 000; Asiers 131 000 en die van Swartes 241 000 (Sentrale Statistiekdiens, 1984). 'n Vooruitskatting van Marks (in Marks & Brown, 1981:582) dui daarop dat Blankes se aandeel in die totale geregistreerde motorvoertuie in die jaar 2 000 ongeveer 3,2 miljoen sal wees. Wat Kleurlinge en Asiers betref sal die besit gesamentlik 460 000 wees en die van Swartes 1,7 miljoen. Daarbenewens voorspel Loubser (1985) dat die persentasiestyging in persoonlike besteebare inkomste vir die verskillende rassegroepe teen die jaar 2 000 (1985 as basis) vir Blankes met 20,2% sal styg; die van Kleurlinge met 95,6%; Asiers met 133% en die Swartes s'n met 100,4%. Daar kan bespiegel word dat Blankes oorwegend die nuwemotor-mark se afset sal opneem (hoofsaaklik uit 'n vervangingsoogpunt) en dat die ander rassegroepe, veral Swartes, op die gebruiktemotor-mark aangewese sal wees. Hierdie vooruitskattings suggereer dat daar onder andere 'n potensiele groei in die motorvoertuigbesit kan plaasvind. Dit is dus belangrik om betroubare inligting oor verbruikers en hulle gedrag ten opsigte van die aankoop van 'n motorvoertuig, te bekom. Agtergrond tot die studie By die aankoop van 'n motor is daar verskeie evalueringskriteria wat 'n koper in ag kan neem. Die hoofdoelstelling met hierdie studie was om die relatiewe belangrikheid van verskeie evalueringskriteria vir verbruikers (kopers) by die aankoop van 'n motor te bepaal. Meer spesifiek wou die outeur die hipotese ondersoek dat daar 'n verskil is wat betref die relatiewe belangrikheid wat verskeie rassegroepe aan evalueringskriteria heg by die aankoop van 'n motor. Die studie was beperk tot aankope van passasiersmotorvoertuie vir private gebruik; het nuwe sowel as gebruikte motors ingesluit; was uitgevoer in hoofsaaklik metropolitaanse gebiede van die R.S.A.; het kopers van die Blanke-, Kleurling-, Swarten Asierrassegroep betrek. Kriteria by motoraankope aanwesig Verbruikersgedrag kan gedefinieer word as besluitnemingseenhede (individue sowel as gesinne) se gedragspatrone wat die besluitnemingsproses, vir die verkryging van behoeftebevredigende produkte, idees en dienste voorafgaan, bepaal en naloop (Du Plessis, 1986:39). Voorkeure en gewoontes van verbruikers word in die besluitnemingsproses gemanifesteer. Vyf fases in die verbruiker se besluitnemingsproses kan geidentifiseer word, naamlik: probleembewuswording, inligtingsoeke, altematiefevaluering, koopaksie en resultaat (Engel, Blackwell & Miniard, 1986:35). Een van hierdie fases, te wete altematiefevaluering, word verder verdeel in verskeie elemente soos in Figuur 1 aangetoon. Uit Figuur 1 kan gesien word dat evalueringskriteria die grondslag van die verbruiker se opvattings vorm en dit, tesame met houdings en voomemens het 'n uitwerking op die altematiefevaluering en aankoopfase. Kriteria wat in die evalueringsfase gebruik word, behels sowel fisiese produkattribute as subjektiewe faktore soos waardes en voordele wat die verbruiker in die aankoopproses as belangrik beskou. Engel, et al. (1986:93) omskryf evalueringskriteria as produkgebaseerde voorstellings van onderliggende
216 ' i I PROBLEEMBEIIUSIIORDiNG I I I iNLiGTINGSOEKE I I I I j OPVATTINGS I I EVAL.UERiNGS-1 ,--, ~ KRiTERiA I I l I I ---'"''---1 I AL. TERNATIEF L I I HOUDINGS EVAL.UERiNG i.-1'" ---,--1 I , __ _...__ __ ' ! I_LI AANKOOP I I VOORNEMENS I --1 I Figuur 1 Die altematiefevalueringsfase van die verbruiker (Engel, et al., 1986) motiewe. Die belangrikste eienskappe van evalueringskriteria is die aantal kriteria wat gebruik word in die besluitnemingsproses, asook die relatiewe belangrikheid en opvallendheid ('salience') van elke kriterium. Oor laasgenoemde se Engel, et al. (1986:96): 'Salience ref~rs to the potential influence each criterion may exert dunng the comparison process and is often measured in performance.' Die belangrikste oorsprong van evalueringskriteria is volgens Cohen (1981 :373) waardes, motiewe, inligting en ervaring. Sekere inligting word in 'n persoon se langtermyngeheue geberg en word aan faktore soos vorige ervaring, gesinvoorkeure, persoonlike kommunikasie en reklame ontleen. Verbruikers se omstandighede verskil in vele opsigte van mekaar. Ofskoon dit erken word dat verbruikers alma! dieselfde basiese behoeftes bet, word verskille aangetref ten opsigte van individuele eienskappe soos motiewe, waardes, lewensstyl en persoonlikheid. Ander verskille is kultuurinvloede, verwysingsgroepe asook gesinsen familiebeinvloeding. Hierdie veranderlikes kan die besluitnemingsproses van 'n verbruiker by die aankoop van 'n motor beinvloed en moet as sodanig in 'n bemarker se strategiee ingebou word om vir verskille, indien aanwesig, voorsiening te maak. Assael (1984:311) verklaar dat die swart mark in die V.S.A. genoegsaam van die wit mark verskil dat eersgenoemde as 'n afsonderlike subkultuur beskou kan word. Verskille tussen rassegroepe wat betref inkooppatrone, pryse, handelsmerke en advertensiemedia oor nie-duursame goedere is deur verskeie navorsers gevind ( Assael, 1984:311-318; Robertson, Zielinski & Ward, 1984:544-548 en Schiffman & Kanuk, 1983:433-437). Verskille tussen rassegroepe in verbruikersgedrag ten opsigte van die aankoop van motors is ook vasgestel. Bullock (1961:104) bet byvoorbeeld gevind dat daar 'n beduidende verskil tussen Negers en Blankes se siening was wat betref 'n Mercurymotor. Vyftig persent van die Negers het aangedui dat die motor 'n aantreklike ontwerp bet terwyl 61 % van die Blankes gese bet dat die ontwerp onaantreklik was. Akers (1968:283--289) se navorsing wat hy gedoen bet om 'n vergelyking te tref tussen Negeren Blanke-eienaarskap van motors, se bevinding was dat Negers wat in dieselfde inkomstekategorie as Blankes is, hoer prysklas motors besit. Verder is bevind dat Negers ook hoer prysmodelle besit -ongeag S.-Afr.Tydskr .Bedryfsl.1987, 18(4) die fabrikaatnaam. Negers besit ook motors met meer silinders as wat vergelykbare blanke gesinne (met dieselfde inkomste) besit. Berkman & Gilson (1978:129) se dat hierdie bevindinge die argument versterk dat Swartes prestige produkte, wat 'n hoe graad van sosiale sigbaarheid bet, verkies. Wall (1973:74) is egter van mening dat hoe-middelklas Negers van tradisionele prestige motors soos die Cadillac wegskram en ander luukse motors koop aangesien die Cadillac 'n 'kwasiryk' simbool geword bet. In Suid-Afrika bet Missen (1975:80) bevind dat die gewildste motors in Soweto die Volkswagen en Valiant was. Die mees uitstaande koopmotiewe vir die Volkswagen was ekonomiese werkverrigting en vir die Valiant was dit werkverrigting, gerief en grootte. Rousseau (1979:33--46) bet 'n kruiskulturele studie van die persepsie oor motors onder studente in Suid-Afrika gedoen. Orie bevolkingsgroepe naamlik Swartes, Blankes en Kleurlinge is in •die steekproef opgeneem. Daar is van projektiewe tegnieke gebruik gemaak waama inhoudsontleding toegepas is. Van die vemaamste verskille wat gevind was tussen die drie groepe is dat gekleurde en swart respondente die hoogste behoefte vir privaatvervoer, spesifiek na en vanaf werkplek, geprojekteer bet. 'n Motoraankoop word ook meer met 'n goeie gebruikte motor geassosieer by hierdie twee groepe as by wit respondente. In die besluitnemingsproses beg die swart respondente 'n hoer waarde aan die opinie van andere terwyl feitelike produkinligting minder prominent was. Wit respondente was meer bewus van prys, ekonomie en kwaliteitsfaktore sowel as veiligheidsen betroubaarheidskenmerke van die motor as wat die ander twee groepe was. Swart responden;e was weer meer van moontlike onderhoudsprobleme bewus as die ander twee groepe. Die ooreenkoms tussen al drie die groepe was dat hulle 'n motor as 'n besitting, waarmee sosiale kontak bewerkstellig kan word, beskou bet en dat die besit van 'n motor ook as 'n simbool van status en sukses bestempel word. In die studie van Rousseau (197~) is daar van illustrasies, sinvoltooiing en tekenvoorstellm~s gebruik gemaak en bevindinge kan alleenlik in daard~e konteks vertolk word. Daar is nie vasgestel hoe die respondent in die werklike situasie opgetree bet met betrekking tot die keuse van sy eie motor nie. . Rousseau (1981:37-44) betook navorsing deur mid~el van projektiewe tegnieke gedoen, onder SmdAfrikaanse swart universiteitstudente, om te bepaal watter sub-bewuste motiewe, onherkende waardes en verbruiksverwagtinge by hulle teenwoordig is ~y oorweging van die aankoop van 'n motor. Die bevindinge was dat gedrag by die aankoop van 'n motor met sosiale behoeftebevrediging geassosieer kan word asook die statusfaktor wat met motoreienskap gepaard gaan. Verkoopskonsultante word as 'n belangrike bron vir inligtingversameling beskou, gevolg deur gedrukte media soos pamflette, koerante en tydskrifadvertensies. Respondente was baie bewus van prys en onderhoud van die motor tydcns die keuses van die verskillende fabrikate. Beperkinge van hierdie navorsing, uit die oogpunt van die onderhawige studie, is die volgende:
S.Afr.J .Bus.Mgmt.1987,18(4) 217 Tabel 1 Demografiese eienskappe van respondente in die steekproef Rassegrocp Blankes Kleurlinge Asiers Swanes Totaal Aan- % van Blankes Aan- % van KleurAan- % van Asiers Aan- % van Swanes AanKlassifikasie tal se totaal tal linge se totaal tal se totaal tal se totaal tal % 1. Geslag Manlik 451 78,2 95 83,3 97 95,1 93 85,3 736 81,6 Vroulik 126 21,8 19 16,7 5 4,9 16 14,7 166 18,4 2. Huistaal Afrikaans 251 43,5 57 50,0 4 3,7 312 34,6 Engels 311 53,9 57 50,0 93 91,2 18 16,5 479 53,1 Ander 15 2,6 9 8,8 87 79,8 111 12,3 3. Onderwyspeil• St 6 2 0,3 4 3,5 5 4,9 5 4,6 16 1,8 St 8 34 5,9 28 24,6 21 20,6 31 18,4 114 12,6 Matriek 203 35,2 48 42,1 47 46,1 48 44,0 346 38,4 Naskoolse diploma 157 27,3 22 19,3 11 10,8 15 13,8 205 22,7 Universiteitsgraad 181 31,3 12 10,5 18 17,6 10 9,2 221 24,5 4. Beroepsgroep Polisie/weermag 12 2,1 7 6,1 9 8,8 1 0,9 29 3,2 Klerklik/verkope 122 21,1 29 25,4 41 40,2 30 27,6 222 24,6 Professioneel 153 26,5 32 28,1 18 17,6 25 22,9 228 25,3 Vakman/geskoolde werker 44 7,6 16 14,0 10 9,8 7 6,4 77 8,5 Eie besigheid 40 6,9 9 7,9 10 9,8 26 23,9 85 9,4 Huisvrou/tuisteskepper 8 1,4 2 1,8 2 1,8 12 1,3 Ongeskoolde werker 1 0,9 3 2,8 4 0,4 Student 5 0,9 5 4,4 1 1,0 2 1,8 13 1,4 Bestuur/uitvoerend 161 27,9 7 6,1 10 9,8 6 5,5 184 20,4 Fabriekswerker 7 1,2 3 2,6 2 2,0 3 2,8 15 1,7 Afgetree 12 2,1 2 1,8 1,0 2 1,8 17 1,9 Werkloos 1 0,2 0,9 2 0,2 Ander (bv. vlieenier, diplomaat, lugwaardin) 12 2,1 2 1,8 14 1,6 5. Ouderdom lS-24 42 7,3 16 14,0 15 14,7 1 0,9 74 8,2 25-30 97 16,8 32 28,1 27 26,5 15 13,8 171 19,0 31-35 111 19,2 21 18,4 21 20,6 24 22,0 177 19,6 36-45 177 30,7 26 22,8 28 27,5 41 37,6 272 30,2 46-55 1()1) 18,9 17 14,9 8 7,8 25 22,9 159 17,6 56-64 32 5,5 2 1,8 3 2,9 3 2,8 40 4,4 65+ 9 1,6 9 1,0 6. Huwelikstatus Huidig getroud 435 75,4 74 64,9 72 70,6 79 72,5 660 73,2 Geskei 52 9,0 4 3,5 1 1,0 4 3,6 61 6,7 Nooit getroud 79 13,7 34 29,8 28 27,4 23 21,1 164 18,2 Wedustaat 11 1,9 2 1,8 1,0 3 2,8 17 1,9 7. Bruto huishoudelike maandelikse inkomste < R600 6 1,0 6 5,3 6 5,9 9 8,3 27 3,0 R600-R999 21 3,6 19 16,7 25 24,5 24 22,0 89 9,9 R1000-R1499 43 7,5 25 21,8 23 22,5 27 24,8 118 13,1 R1500-R1999 75 13,0 22 19,3 22 21,6 16 14,7 135 15,0 R2000-R2999 174 30,2 22 19,3 13 12,7 14 12,8 223 24,7 R3000-R3999 147 25,5 10 8,8 4 3,9 11 10,1 172 19,1 R4000+ 111 19,2 10 8,8 9 8,8 8 7,3 138 15,3 n=S77 n=114 n=102 n=l()I) n=902 • Hoogste vlak
218 daar is nie onderskei tussen nuwe of gebruikte motors nie; die respondente was jong swartes met 'n relatief hoe onderwyspeil; die koopmotiewe was nie na 'n bepaalde fabrikaat motor herlei nie; die geografiese omvang was slegs tot een metropool beperk; en geen vergelyking is met ander rassegroepe gedoen nie. 'n Vergelykende studie in Suid-Afrika oor die verskillende rassegroepe ten opsigte van evalueringskriteria by die aankoop van 'n motorvoertuig is nog nie in gepubliseerde navorsing teegekom nie. Metode Die steekproef het bestaan uit 902 verbruikers van hoofsaaklik metropolitaanse gebiede in Suid-Afrika, wat tussen Desember 1985 en Mei 1986 'n nuwe of gebruikte motor vir privaatgebruik gekoop het. Binne hierdie geografiese gebiede is motorhandelaars vooraf geidentifiseer om 'n verteenwoordigende verdeling van die onderskeie motorvervaardigers in die steekproef op te neem. Vir 'n volledige bespreking van die steekproefmetode en meetinstrument word verwys na Du Plessis (1986: 164-190). Die demografiese eienskappe van respondente in die steekproef verskyn in Tabet 1. Vir doeleindes van hierdie studie word produkattribute in die konteks van die belangrikheid daarvan vir die verbruiker gebruik, soos deur horn waargeneem, en nie vanuit 'n objektiewe vlak van belangrikheid, intrinsiek in die produk nie (Bloch & Richins, 1983:69). Vyf en sestig kriteria wat deur 'n koper oorweeg word by die aankoop van 'n motor, word in hierdie studie gebruik om te bepaal watter relatiewe belangrikheid aan evalueringskriteria geheg word. Hierdie kriteria verskyn in Tabet 2. Die metode van data-insameling wat gevolg is het bestaan uit 'n gestruktureerde vraelys wat kopers by die motorhandelaar moes voltooi nadat 'n motor gekoop is. Evalueringskriteria (in Tabet 2) het die belangrikste komponent van die vraelys verteenwoordig. Responsies op elke kriterium word op 'n sespuntskaal van een tot ses aangeslaan. Die skaalwaarde van een dui aan dat die kriterium vir die respondent totaal onbelangrik was by die keuse van die betrokke motor, terwyl die sesde waarde uiters belangrikheid vir die verbruiker aantoon. Die skaalwaardes kan gedefinieer word as diskrete posisies op 'n veronderstelde kontinuum van belangrikheid vir die respondent (Boote, 1981:54). Argumente oor die optimum aantal responsie-alternatiewe vir 'n skaal bestaan sedert die eerste gebruik van sodanige meetinstrument (Cox, 1980:407). Na 'n omvattende literatuurstudie het Cox (1980:420) tot die gevolgtrekking gekom dat skate met twee of drie responsie-alternatiewe, in die algemeen, onvoldoende is aangesien dit nie genoegsame inligting oordra nie en dat dit respondente frustreer en ond!!rdruk. Verder is bevind dat die marginale voordeel om meer as nege responsie-alternatiewe te gebruik, minimaal is. Die optimum aantal responsie-alternatiewe le tussen vyf en nege. In die onderhawige geval waar 'n responsie geposisioneer word S.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1987, 18(4) op 'n kontinuum van enkelattribute is vyf responsiealternatiewe voldoende (Cox, 1980:420). 'n Onewe getal responsie-alternatiewe is verkieslik waar die respondent regmatig 'n neutrale posisie kan inneem. Die kriteria in hierdie vraelys teen hulself nie tot 'n onsydige keuse nie en ses responsie-alternatiewe is derhalwe beskou as 'n aanvaarbare aantal om die kriteria te meet. Die ewegetal sat ook bydra om die moontlikheid van 'n sentrale geneigdheidsfout uit te skakel (Huysamen, 1983:111). Alhoewel die aantal responsie-alternatiewe nie absoluut krities in hierdie studie is nie, is die gebruik van ses responsie-alternatiewe verdedigbaar. Nunnally (1967:522) meld ook dat daar in die meeste gevalle 'n geringe voordeel is om 'n ewegetal responsiealternatiewe te gebruik en illustreer dit met behulp van 'n sesstapskaalvoorbeeld. Wat geldigheid betref verklaar Nunnally (1967:521) dat daar 'n afplatting by sewe stappe begin intree en na 11 stappe is daar min verhoging in geldigheid te verkry. Die nulhipotese is met behulp van eenrigting variansie-ontleding getoets (F-toets). Tabel 2 Evalueringskriteria by die aankoop van 'n motorvoertuig vir privaatgebruik 1. Gehalte van vakmanskap 34. Padtoetsverslae 2. Onbeperkte uitsig 35. Kredietreelings 3. Reputasie van motorvervaardigers 36. Lugtoevoerstelsel 4. Verhouding met verkooppersoneel 37. Aankoopprys van handelaar 5. Bagasieruimte 6. Statusindruk van motor 7. Stilheid van enjin/transmissie 8. lnstandhoudingskoste 9. Fatsoen/vorm 10. Gemak van voorsitplekke 11. Enjingrootte 12. Geraasvlak binne motor 13. Betroubaarheid van model 14. Luuksheid binne 15. Lae loopkoste 16. Prestigewaarde 17. Mening van kollegas 18. Toekomstige herverkoopwaarde 19. Houding van verkoopperssoneel 20. Binneruimte 21. Werkverrigting van enjin 22. Land van herkoms 23. Reputasie van model 24. Voorkoms van vertoonkamer 25. Beskikbaarheid van onderdele 26. Gemak van agtersitplekke 27. Kontantafslag 28. lnstrumentasie van paneelbord 29. Brandstofdoeltreffendheid 30. Enjinkrag 31. Waarborgtydperk 32. Vorige ervaring met handelaar 33. Reputasie van na-verkope diens ondersteuning 38. Stilering/voorkoms 39. Versnelling 40. Veiligheidskenmerke 41. Uitgebreide handelaametwerk 42. Toetsrit 43. Gerief vir passasiers 44. Hoespoedverrigting 45. Spesiale aanbieding 46. Mening van vriende 47. lnvloed van verkooppersoneel 48. Radio-advertensie 49. Rygemak 50. Reikafstand van bnurdstoftenk 51. Padhouvermoe 52. Reputasie van handelaar 53. TV-advertensie 54. Ruimheid vir bestuurder 55. Agterwielaandrywing 56. Ruimheid vir agterpassasiers 57. Gemak van bestuur 58. Spieeltjie op bestuurder se sonskerm 59. Beenruimte voor 60. Ligging van handelaar 61. Koste van onderdele 62. Mening van familie 63. Tegniese gevorderdheid 64. Voorwielaandrywing 65. Goeie inruilwaarde vir vorige motor
S.Afr.J.Bus.Mgmt.1987,18(4) Meer as twee groepe ( verbruikers) is egter hierby betrokke en om verskille in die evaluering van kriteria tussen hulle te bepaal word die toepaslike prosedure van Scheffe se post-hoc-vergelykingstoets gebruik om statistics beduidende vergelykings op te spoor (in Downie & Heath, 1970:221). Resultate Die variansie-ontleding met evalueringskriteria het getoon dat daar beduidende verskille op die 0,01-vlak ten opsigte van 49 uit die 65 evalueringskriteria, met betrekking tot die verskillende rassegroepe is, terwyl daar verder beduidende verskille op die 0,05-vlak ten opsigte van drie evalueringskriteria is. Onbeduidende verskille kom by 13 evalueringskriteria (20%) voor, te wete: gehalte van vakmanskap (nr 1), reputasie van motorvervaardiger (nr 3), betroubaarheid van die model (nr 13), houding van verkooppersoneel (nr 19), reputasie van model (nr 23), kontantafslag (nr 27), reputasie van na-verkope diensondersteuning (nr 33), lugtoevoerstelsel (nr 36), aankoopprys (nr 37), uitgebreide handelaametwerk (nr 41), mening van vriende (nr 46), reputasie van handelaar (nr 52) en goeie inruilwaarde vir vorige motor (nr 65). Die grootste verskille tussen rassegroepe, met betrekking tot hulle evaluering van die relatiewe belangrikheid van die kriteria kom by kredietreelings (F-waarde = 101,71), agterwielaandrywing (F-waarde = 78,16), enjinkrag (Fwaarde = 70,27), spieeltjie op bestuurder se sonskerm (F-waarde = 56,08) en padtoetsverslae (F-waarde = 52,75) voor. Die nulhipotese word dus ten opsigte van 52 evalueringskriteria verwerp ten gunste van die alternatiewe hipotese. Waar presies hierdie verskille is, is met behulp van Scheffe se post hoc-vergelykingstoets opgesp<>9r (Downie & Heath, 1970:221). Vergelykings wat met Scheffe se toets as beduidend gevind is, word in Tabet 3 aangetoon. Volgens Tabet 3 kan afgelei word dat die grootste verskille tussen Blankes en Swartes (by 66% van die evalueringskriteria) en tussen Blankes en Asiers (by 43% van die evalueringskriteria) voorkom. Die kleinste getal verskille tussen rassegroepe, kom tussen Kleurlinge en Blankes (25%), Kleurlinge en Swartes (25%) en tussen Asiers en Swartes (22%) voor. Daar is bykans geen verskil tussen Kleurlinge en Asiers nie (0,03% ). Die tien belangrikste verskille in evalueringskriteria tussen Blankes en Swartes het voorgekom by: enjinkrag (nr 30), agterwielaandrywing (nr 55), padtoetsverslae (nr 43), spieeltjie op bestuurder se sonskerm (nr 58), stilheid van enjin/transmissie (nr 7), waarborgtydperk (nr 1), prestige waarde (nr 16), toetsrit (nr 42), koste van onderdele (nr 61) en werkverrigting (nr 21). Van die belangrikste verskille tussen Blankes en Asiers met betrekking tot die evaluering van die relatiewe belangrikheid van kriteria het by die volgende evalueringskriteria na vore gekom: kredietreelings (nr 35), agterwielaandrywing (nr 55), spieeltjie op bestuurder se sonskenn (nr 58), gerief vir passasiers (nr 219 43), enjinkrag (nr 39), gemak van agtersitplekke (nr 26), spesiale aanbieding (nr 45) en toetsrit (nr 42). Tussen Blankes en Kleurlinge is die belangrikste verskille in evalueringskriteria soos volg: gemak van voorsitplekke (nr 10), agterwielaandrywing (nr 55), padtoetsverslae (nr 34), stilheid van enjin/transmissie (nr 7) en spesiale aanbieding (nr 45). Enjinkrag (nr 30), bagasieruimte (nr 5), waarborgtydperk (nr 31), ligging van handelaar (nr 60) en vorige ervaring met handelaar (nr 32) is van die belangrikste verskille wat tussen Kleurlinge en Swartes voorgekom het. Die belangrikste verskille in evalueringskriteria tussen Asiers en Swartes het by die volgende kriteria voorgekom: kredietreelings (nr 35), enjinkrag (nr 30), waarborgtydperk (nr 31) en padhouvermoe ( nr 51). Slegs twee beduidende verskille op die 0,01-vlak het tussen Asiers en Kleurlinge met betrekking tot evalueringskriteria voorgekom, naamlik: kredietreelings (nr 35) en gemak van voorsitplekke (nr 10). Bespreking en Gevolgtrekkings Die doelstellings van hierdie studie was om te bepaal wat die relatiewe belangrikheid van verskillende evalueringskriteria vir verbruikers by die aankoop van 'n motor is. Ook wou die outeur bepaal of daar verskille en/of ooreenkomste bestaan tussen verskillende rassegroepe wat betref die relatiewe belangrikheid van evalueringskriteria by die aankoop van 'n motor. Daar is bevind dat beduidende verskille op die 0,01vlak ten opsigte van 49 uit die 65 evalueringskriteria, met betrekking tot die verskillende rassegroepe bestaan. Geen plaaslike literatuur, waar die relatiewe belangrikheid van evalueringskriteria ten opsigte van die onderskeie rassegroepe nagevors is, kon opgespoor word nie en die resultate van hierdie studie is moontlik die eerste. Twee van die evalueringskriteria wat 'n beduidende verskil op die 0,01-vlak toon wat Blankes en Swartes betref, is prestigewaarde en statusindruk van 'n motor. Daar is bevind dat die gemiddelde evaluering deur Blankes van hierdie kriterium 3,35 en vir Swartes 4,08 was waar 6 die maksimumwaarde was wat behaal kon word. Hierdie bevinding rym met Rousseau (1979) se afleiding dat 'n motor 'n statussimbool en sukses kan verteenwoordig waarop Swartes trots is. 'n Indirekte afleiding deur Berkman & Gilson (1978) oor die navorsing van Akers (1968) was dat Swartes prestige produkte, wat 'n hoe graad van sosiale sigbaarheid bet, verkies. Die bevinding in die onderhawige studie kan moontlik hierdie afleiding onderskraag. Bullock (1961) bet bevind dat daar beduidende verskille tussen Blankes en Negers se siening oor 'n motor se ontwerp was. Indien bierdie ontwerppersepsie gelyk gestel word aan die evalueringskriterium fatsoen/vorm in die huidige studie, word dieselfde resultaat verkry. 'n Beduidende verskil (0,01) kom tussen Blankes en Swartes voor wat die relatiewe belangrikheid van hierdie kriterium betref. In die geval van fatsoen/vorm ken Blankes 'n gemiddeld van 3,97 daaraan toe, terwyl Swartes 'n gemiddeld van 4,35 daaraan toeken. Beduidende verskille op die 0,01vlak bet ook tussen Blankes en Swartes voorgekom, ten
220 S.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1987,18(4) Tabel 3 Scheffe se toets met betrekking tot die rassegroepe se evaluering van kriteria vir alle grootte motorkategoriee Vergelyking Blankes Blankes Blankes Kleurlinge Kleurlinge Asiers vs vs vs vs VS VS Kriterium Kleurlinge Asiers Swartes Asiers Swartes Swartes nommer Beskrywing (F-waarde) (F-waarde) (F-waarde) (F-waarde) (F-waarde) (F-waarde) 2. Onbeperkte uitsig 1,56 3,20 20,21• 0,22 6,50 4,04 4. Verhouding met verkooppersoneel van handelaar 0,08 1,86 10,32b 1,65 7,39 1,88 5. Bagasieruimte 3,35 0,02 27,41" 1,57 30,048 16,73" 6. Statusindruk van motor 2,31 10,14b 24,71· 1,87 7,36 1,65 7. Stilheid van enjin/transmissie 21,18" 18,83" 75,70" 0 10,64b 10,32b 8. Instandhoudingskoste 7,81 10,44b 28,96" 0,20 4,23 2,43 9. Fatsoen/vorm 0,09 0,10 9,50b 0,21 6,91 4,39 10. Gemak van voorsitplekke 79,93" 0,15 13,36" 49,34" 15,93" 9,42b 11. Enjingrootte 0,86 0 13,20" 0,54 4,51 7,81 12. Geralasvlak binne motor 1,13 4,82 3,13 0,86 0,32 0,14 14. Luuksheid binne 0,05 10,62b 18,06" 7,46 12,10" 0,46 15. Lae loopkoste 3,51 10,3~ 2,36 1,28 0,06 1,82 16. Prestige waarde 6,73 9,04b 54,36" 0,18 14,16" 10,54b 17. Mening van kollegas 1,66 8,6~ 10,27b 1,82 2,29 0,02 18. Toekomstige herverkoopwaarde 0,44 0,32 14, 15" 0 5,88 5,82 20. Binneruimte 0,76 1,86 19,33" 0,17 7,61 5,16 21. Werkverrigting van enjin 15,99" 18,19" 43,68" 0,13 4,38 2,84 22. Land van herkoms 13,33" 9,14b 23,59" 0,13 0,99 1,76 24. Voorkoms van vertoonkamer 2,57 2,76 2,03 0,01 0,01 0,05 25. Beskikbaarheid van onderdele 4,08 9,51b 15,64" 0,83 2,37 0,35 26. Gemak van agtersitplekke 14,44" 23,14" 21,35" 0,87 0,48 0,06 27. lnstrumentasie van paneelbord 1,43 1,76 10,54b 0,02 2,61 2,03 29. Brandstofdoeltreffendheid 5,14 12,97" 34,67" 1,29 8,16b 2,74 30. Enjinkrag 9,95b 24,52" 134,47" 2,34 43,92" 24,31" 31. Waarborgtydperk 8,22b 4,49 70,41" 0,23 18,91" 22,19" 32. Vorige ervaring met handelaar 0,02 1,67 27,97" 0,82 16,09" 9,02b 34. Padtoetsverslae 22,96" 14,86" 89,30" 0,32 13,70" 17,30" 35. Kredietreelings 11,69" 197,20" 31,23" 12,18· 3,03 45,05" 38. Stilering/voorkoms 1,02 6,98 0,83 8,07b 2,20 1,88 39. Versnelling 6,29 12,86" 15,47" 0,88 1,32 0,04 40. Veiligheidskenmerke 4,67 11,63" 15,40" 1,13 1,97 0,10 42. Toetsrit 19,19" 21,91° 50,06° 0,16 4,69 2,94 43. Gerief vir passasiers 5,45 26,33" 1,21 5,24 0,86 10,02b 44. Hoespoedverrigting 9,07b 18,06" 5,89 1,18 0,17 2,17 45. Spesiale aanbieding 19,71" 22,37" 17 ,80" 0,15 0,01 0,24 47. lnvloed van verkooppersoneel 0,17 2,50 7,98b 2,43 6,35 0,82 48. Radio-advertensie 8,75b 7,12 26,70" 0,02 3,12 3,37 49. Rygemak 0,85 7,34 9,78b 2,09 3,01 0,07 50. Reikafstand van brandstoftenk 13,42" 15,89" 32,38" 0,15 2,67 1,45 51. Padhouvermoe 4,03 13,50" 4,91 1,92 10,65b 20,65" 53. TV -advertensie 2,22 2,00 5,87 0 0,56 0,54 54. Ruimheid vir bestuurder 1,58 0,13 6,46 1,51 1,04 4,88 S5. Agterwielaandrywing 27,21" 59,26" 98,91" 4,60 14,16° 2,36 56. Ruimheid vir agterpassasiers 5,88 15,42" 27,34" 1,62 4,93 0,81 57. Gemak van bestuur 2,93 0,03 26,34° 2,06 7,24 16,28" 58. Spieeltjie op bestuurder se sonskerm 16,81" 36,26" 80,31" 2,76 14,82" 4,40 59. Beenruimte voor 1,74 2,87 16,97" 0,12 4,85 3,25 60. Ligging van handelaar 0,38 1,88 34,18" 0,38 16,71" 11,32b 61. Koste van onderdele 6,25 16,38" 49,09" 1,71 12,59" 4,65 62. Mening van familie 8,93 11,44° 37,32" 0,18 6,13 3,98 63. Tegniese gevorderdheid 0,59 2,46 10,46b 0,43 3,74 1,51 64. V oorwielaandrywing 1,71 3,57 32,68" 0,26 11,94" 8,18b • Beduidend op die 0,01-vlak; b Beduidend op die 0,05-vlak
S.Afr.J.Bus.Mgmt.1987,18(4) opsigte van die volgende evalueringskriteria: instandhoudingskoste; beskikbaarheid van onderdele; en koste van onderdele (sien Tabet 3). Die gemiddelde waarde wat Blankes aan hierdie evalueringskriteria toegeken het, was in alle gevalle laer as die gemiddelde waarde wat deur Swartes toegeken is. Hierdie resultaat is in ooreenstemming met Rousseau (1979) se bevinding dat Swart respondente meer van moontlike onderhoudsprobleme bewus is as wat Blankes en Kleurlinge is. In die geval van Kleurlinge en Swartes was daar 'n beduidende verskil op die 0,01-vlak ten opsigte van koste van onderdele en hier was die gemiddelde waarde wat deur Kleurlinge daaraan toegeken was 4,75 en Swartes se gemiddelde waarde 5,29 wat rym met Rousseau (1979) se bevindinge. Enjinkrag en werkverrigting is ander beduidende verskille wat tussen Blankes en Swartes voorgekom het. Daar kan bespiegel word dat Swartes tradisioneel aan groot motors geheg/ gewoond was en dat hulle 'n hoe waarde op hierdie kriteria plaas. Agterwielaandrywing word ook deur Swartes hoer aangeslaan en 'n afleiding wat hieruit gemaak kan word is dat hulle meer skepties is ten opsigte van voorwielaandrywing. Laasgenoemde bevat 'n risikoen onsekerheidsfaktor wat instandhoudingsaspekte betref. Hierdie spekulasie word versterk in hulle evaluering van die reeds genoemde instandhoudingskriteria waar die gemiddelde evaluerings daarvan deurgaans hoer as die van Blankes was. Die verskil in evaluering van die kriterium waarborgtydperk, is ietwat verrassend aangesien daar verwag sou word dat dit vir beide Blankes en Swartes ewe belangrik sou wees. Asiers se hoer gemiddelde evaluering van kriteria soos kredietreelings, toetsrit en spesiale aanbieding teenoor die van Blankes kan moontlik daarop dui dat hierdie aspekte meer in die verkoopsonderhandelingsituasie beklemtoon moet word. Slotopmerkings Die bevindinge in hierdie studie hou belangrike implikasies vir verskeie belangegroepe in: Motorvervaardigers kan hulle produkontwerpe aanpas om veranderde verbruikersbehoeftes te bevredig -gesien in die lig van moontlike verskuiwings in marksegmente; motorhandelaars kan hulle strategiee in die verkoopsonderhandelingsituasie verander om toepaslike evalueringskriteria wat vir sekere kopers meer belangrik is, diskreet te aksentueer; reklamepraktisyns kan advertensieboodskappe aan teikenmarksegmente differensieer en laastens kan die bevindinge deur akademici gebruik word as vertrekpunt vir verdere eksplorasie. Die benadering wat gevolg is om te bepaal of, en waar, verskille tussen die rassegroepe bestaan met betrekking tot die relatiewe· belangrikheid van evalueringskriteria kan moontlik bevraagteken word. Alie grootte motors is globaal in die ontleding gebruik en geen onderskeid is tussen klein, medium en groot kategorie motors of verskillende motormodelle getref nie. Die doelwit was egter om slegs te bepaal of daar verskille is en waar die 221 verskille met betrekking tot die verskillende rassegroepe is. Om die grootte en modelle van motors se invloed te bepaal, is die terrein van 'n opvolgstudie. Erkenning Dank word betuig aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vir finansiele bystand in die vorm van 'n beurstoekenning vir doktorale studie. Summary In the South African motor vehicle market the buyers display a heterogenous composition of race, culture, gender, age, income, values, attitudes, and motives. The white segment of the market has nearly reached a saturation level whereas the coloured, Asian and black segments show signs of positive growth. Relatively few research studies have been conducted and published in South Africa with regard to the differences and/or similarities between the various race groups' decisionmaking process -especially when buying a car. It is therefore important to obtain reliable information on consumers' behaviour when purchasing a motor vehicle. A study was conducted to determine the relative importance of various evaluation criteria for consumers buying a car. The sample consisted of 902 consumers of all race groups, mainly in metropolitan areas in South Africa, who bought a new or used car for private use during the period December 1985 - May 1986. The composition of the sample was 577 whites, 114 coloureds, 102 Asians and 109 blacks. Sixty-five evaluation criteria were used in a selfadministered, structured questionnaire. Consumers had to complete the questionnaire in the dealer's showroom after the deal was closed. Their perceptions of the relative importance of each criterion were determined on a six-point scale which ranged from 1 (totally unimportant) to 6 (extremely important). By means of analysis of variance it was found that there were 52 significant differences between the race groups with respect to the various evaluation criteria. Scheffe's post hoc comparison test showed that there were significant differences between (a) blacks and whites (66% of the evaluation criteria); (b) whites and Asians (43%); (c) whites and coloureds (25%); (d) coloureds and blacks (25%); and (e) Asians and blacks (22% ). Only two significant differences occurred between Asians and coloureds with regard to the relative importance of evaluation criterion. The results of the study have important implications for motor manufacturers, dealers and advertising agencies. Observed differences could be incorporated in revised marketing strategies to offer consumers needrelated products and differentiated communication messages. Verwyslngs Akers, F.C. 1968. Negro and white automobile behavior: new evidence. J. Market. Res., vol. 5 (August). Assael, H. 1984. Consumer behavior and marketing action. 2nd Edition. Boston: Kent Publishing Co.
222 Berkman, H.W. & Gilson, C.C. 1978. Consumer behavior. California: Dickenson Publishing Co. Inc. Bloch, P.H. & Richins, M.L. 1983. A theoretical model for the study of product importance perceptions. J. Market., vol. 47 (Summer). Boote, A.S. 1981. Reliability testing of psychographic scales. J. Advert. Res., vol. 21, no.5 (October). Bullock, H.A. 1961. Consumer motivations in Black and White -1. Harv. Bw. Rev., vol. 39 (May/June). Cohen, D. 1981. Consumer behavior. New York: Random House Inc. Cox, E.P. 1980. The optimal number of response alternatives for a scale: a review. J. Market. Res., vol. XVII (November). Downie, N.M. & Heath, R.W. 1970. Basic statistical methods. New York: Harper & Row Publishers. Du Plessis, P.J. 1986. Verbruikersgedrag by die aankoop van 'n motorvoertuig. Ongepubliseerde DBL-proefskrif. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika. Engel, J.F., Blackwell, R.D. & Miniard, P.W. 1986. Consumer behavior. 5th Edition. Illinois: Dryden Press. Huysamen, G.K. 1983. Psychological Measurement. Pretoria: Academica. Loubser, M. 1985. Black income and expenditure patterns: 1985 and 2000. Toespraak gelewer by Black Market S.-Afr. Tydskr.Bedryfsl.1987,18(4) Convention 17 en 18 Julie. Johannesburg: South African Advertising Research Foundation Limited. Missen, B.J. 1975. The urban African consumer: a study ofthe buying behaviour of Sowetons in the field of automotive petroleum products. MBA dissertation. Cape Town Graduate School of Business, University of Cape Town. Marks, A.P. & Brown, R.J. 1981. A new approach to car ownership forecasting in South Africa. Die Siviele Ingenieur in Suid-Afrika, vol. 23, no. 12. Nunnally, J.C. 1967. Psychometric theory. New York: McGraw-Hill Book Company. Robertson, T.S., Zielinski, J. & Ward, S. 1984. Consumer behavior. Illinois : Scott, Foresman & Co. Rousseau, D. 1979. A cross cultural study of automobile perception amongst three student populations. Psycho/. Afr., vol. 18. Rousseau, G. 1981. A study of the product image of cars among black consumers. Humanitas, RSA, vol. 7-1. Schiffman, L.G. & Kanuk, L.L. 1983. Consumer behavior. 2nd Edition. New Jersey : Prentice-Hall Inc. Sentrale Statistiekdiens 1984. Bulletin van Statistieke, vol. 18, no. 3, (September). Pretoria. Wall, K.A. 1973. Positioning your product in the black market. Advert. Age, June 18.