Die invloed van inligtingstegnologie op werkverskaffing in die Suid-Afrikaanse finansiële sektor
Abstract
EconStor is a publication server for scholarly economic literature, provided as a non-commercial public service by the ZBW.
Full text
Hom, Gideon S.; Wait, Charles V.R. Article Die invloed van inligtingstegnologie op werkverskaffing in die Suid-Afrikaanse finansiële sektor South African Journal of Business Management Provided in Cooperation with: University of Stellenbosch Business School (USB), Bellville, South Africa Suggested Citation: Hom, Gideon S.; Wait, Charles V.R. (1992) : Die invloed van inligtingstegnologie op werkverskaffing in die Suid-Afrikaanse finansiële sektor, South African Journal of Business Management, ISSN 2078-5976, African Online Scientific Information Systems (AOSIS), Cape Town, Vol. 23, Iss. 1, pp. 16-20, https://doi.org/10.4102/sajbm.v23i1.880 This Version is available at: https://hdl.handle.net/10419/218078 Standard-Nutzungsbedingungen: Die Dokumente auf EconStor dürfen zu eigenen wissenschaftlichen Zwecken und zum Privatgebrauch gespeichert und kopiert werden. Sie dürfen die Dokumente nicht für öffentliche oder kommerzielle Zwecke vervielfältigen, öffentlich ausstellen, öffentlich zugänglich machen, vertreiben oder anderweitig nutzen. Sofern die Verfasser die Dokumente unter Open-Content-Lizenzen (insbesondere CC-Lizenzen) zur Verfügung gestellt haben sollten, gelten abweichend von diesen Nutzungsbedingungen die in der dort genannten Lizenz gewährten Nutzungsrechte. Terms of use: Documents in EconStor may be saved and copied for your personal and scholarly purposes. You are not to copy documents for public or commercial purposes, to exhibit the documents publicly, to make them publicly available on the internet, or to distribute or otherwise use the documents in public. If the documents have been made available under an Open Content Licence (especially Creative Commons Licences), you may exercise further usage rights as specified in the indicated licence. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
16 S.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1992,23(1) Die invloed van inligtingstegnologie op werkverskaffing in die Suid-Afrikaanse tinansiele sektor Gideon S. Hom* Departement Elconomie, Universiteit Vista, Privaatsak X613, Port Elizabeth 6000, Republiek van Suid-Afrika Charles V.R. Wait Departement Ekonomie, Universiteit van Port Elizabeth, Posbus 1600, Port Elizabeth 6000, Republiek van Suid-Afrika Ontvang 30 September 1991; aanvaar 23 Januarie 1992 The lnnuence or Information technology on the provision of employment In the South African ftnanclal sector. The higher levels of productivity in the manufacturing sector, as a result of the automation and other significant changes in production functions, often lead to fears of higher levels of unemployment, as certain types of labour could become redundant. The application of information technology in the form of computers, data banks and telecom munication networks has, to a great extent, contributed to the automation of routine functions, as well as to the integration of various production functions. The danger exists that a great number of workers released from the manu facturing sector are not always trained and suitable for employment in the service sector. In addition, there may not be sufficient employment opportunities to accommodate these workers. The influence of information technology on employment should, however, be considered in terms of the net effect of the three distinguishing effects of inform ation technology on an economy, namely the process, product and organization effects. In South Africa, employment and value added increased in the building society and banking fields during the period 198�9. Those increases are attributed specifically to the product effect Since the eighties, banks, building societies and insurance companies have all started to market new and more products that are directly linked to information technology. H� vlakke produktiwiteit in die fabriekswese as gevolg van die outomatisering en ander wesenlike veranderings in produksiefunksies, lei dikwels tot vrees vir hot!r vlakke werkloosheid namate sekere tipes arbeid oorbodig raak. Die aanwending van inligtingstegnologie in die vorm van rekenaars, databanke en telekommunikasienetwerke, het in 'n groot mate bygedra tot die outomatisering van roetinefunksies, sowel as die integrering van verskeie produksie funksies. Die gevaar bestaan dat die groot aantal werkers wat uit die fabriekswese vrygestel word, nie altyd opgelei of geskik is vir indiensname in die dienstesektor nie, of dat daar nie voldoende werksgeleenthede bestaan ten einde hier die werkers te akkommodeer nie. Die invloed van inligtingstegnologie op indiensname behoort egter oorweeg te word in terme van die netto effek van die onderskeie gevolge van inligtingstegnologie in 'n ekonomie, naamlik die proses-, produken organisasie-effek. In Suid-Afrika het indiensname en toegevoegde waarde in bouverenigings en die bank wese gedurende die periode 198�9 toegeneem. Hierdie toenames word spesifiek aan die produkeffek toegeskryf. Sedert die tagtigerjare het banke, bouverenigings en versekeringsmaatskappye begin om al meer en nuwe produkte te bemark wat direk aan inligtingstegnologie gekoppel is .. *Aan wie korrespondensie gerig kan word. lnleldlng en doelstelllng is. Hierdie dienste-insette bestaan veral uit besigheidsen infrastrukturele dienste en sluit navorsings-, ontwerp-, ingenieurs-, verspreidings-, dataverwerkingsen finansiile dienste in. Die rol van dienste-insette word verder verhoog as gevolg van grootskaalse veranderings in inligtingsen kommunikasietegnologie, wat tot verdere verhogings in die fabriekswese se produktiwiteit aanleiding gee. In die ekonomiese literatuur word ekonomiese ontwikkeling en groei gedefinieer as 'n wesenlike en voortdurende toena me in die per capita-produk, hoofsaaklik as gevolg van moderner tegnologiese insette (Meier, 1989: 6 & 8). Kuz nets (1966: I & 5) beskou een van die belangrikste eien skappe van moderne ekonomiese groei as h� koerse van strukturele veranderings in die ekonomie, waartydens eko nomiese aktiwiteite en ekonomiese hulpbronne, hoofsaaklik arbeid, vanuit die landbou na eers die fabriekswese en ver volgens na die dienstesektor verskuif. Die arbeidsmag word blssen die verskillende sektore en beroepe herverdeel, wat gevolglik weer sosiale mobiliteit en die organisasie van werk bernvloed. Tydens hierdie strukturele verandering handhaaf die fa briekswese sy r�le posisie ten opsigte van sy absolute by drae tot die BBP en brei dit selfs uit, maar vennag dit wel met 'n kleiner arbeidsmag. Dit dui op hoer produktiwiteit in die fabriekswese, hoofsaaklik as gevolg van wesenlike ver anderings in produksiefunksies (Nicolaides, 1989: 22). Die fabriekswese is voortdurend onderworpe aan veranderings in produksiefunksies, veral as gevolg van doeltreffender en moderner insette wat op volgehoue uitvindsels en tegnol giese vooruitgang in hoof saaklik die dienstesektor gebaseer Meer gemeganiseerde produksietegnieke wat produktiwi teit in die fabriekswese verhoog, maak sekere tipes arbeid in die fabriekswese oorbodig. Die oorbodige arbeid in die fabriekswese as gevolg van hoi!r produktiwiteit, raak oor wegend vir die dienstesektor beskikbaar en namate dit ar beid in dit sektor in diens geneem word, word die relatiewe groeikoers van sektore gehandhaaf. Die gevaar bestaan eg ter dat 'n groot aantal werkers wat op hierdie wyse uit die fabriekswese ontslaan word, nie altyd geskik en opgelei is vir betrekkings in die dienstesektor nie, of dat daar nie vol· doende werksgeleenthede in die dienstesektor sal bestaan ten einde hierdie werkers te akkommodeer nie. So 'n situa sie kan dus tot werkloosheid in die formele arbeidsmark aanleiding gee. Die beweging van arbeid uit die fabriekswese na die dienstesektor, is soortgelyk aan dit van arbeid vroeer vanuit die landbousektor na die f abriekswese as gevolg van boor
S.Afr J .Bus.Mgmt 1992,23(1) produktiwiteit in die landbousek.tor (Houghton, 1973: 67). Die hoer vlakke van produktiwiteit in hierdie geval is veral deur die gebruik van doeltreffender inseue, vanaf hoof saaklik die fabriekswese, teweeg gebring. Voorbeelde bier van sluit in: beter plaasgereedskap, meganiese toerusting en chemiese kunsmis. Die doel van hierdie artikel is om te let op die invloed wat inligtingstegnologie en gevorderde dienste-insette op werkverskaffing in die algemeen, maar veral in die finan sii!le sektor in Suid-Afrika, uitoefen. Die werkverskaf fingsproses is tot redelik onlangs in beginsel as 'n stabiele en eenvoudige inset-uitsetverhouding bestempel. Hiervol gens vereis die produksie van enige produk 'n vasgestelde kombinasie insette van kapitaal, arbeid en grondstowwe ten einde 'n verlangde eenheid uitset voort te bring (Rajan, 1987: 13). Die aanwending van nuwe inligtingstegnologie, tegnologiese vooruitgang en modeme ontwikkelings wat voortdurend in die fabriekswese gei'nkorporeer word en daartoe hydra dat produksiefunksies verander, bet egter tot gevolg dat indicnsname en werkverskaffing nie meer net met 'n konstante inset-uitsetberekening beoordeel kan word nie. Rol van lnllgtlngstegnologle In die hedendaagse produksleproses Hoofsaaklik as gevolg van hul hoe graad van betrou baarheid, dalende eenheidskoste en verbruikersvriende likheid, is inligtingskomponente soos rekenaars, databanke en telekommunikasienetwerke deesdae baie toegankliker vir veral ontwikkelende ekonomiel! as wat die geval was met die hoofraam-rekenaartegnologie van vroeer. Inligting vorm tans inderdaad die gemeenskaplike basis van die dienste sektor (Lanvin, in Bressand & Nicolai'dis, 1989: 106). Dit dien as belangrike intermediere inset in feitlik alle modeme produksie-aktiwiteite en bedien as't ware ander diensteen vervaardigingsbedrywe. Die aanwending van die mees gevorderde en modeme inligtingstegnologie, hoof saaklik weens hoer produktiwiteit, asook groter stoor-, ver voeren verhandelbaarheid, maak die dienstesektor toene mend tegnologie-georil!nteerd, sodat werkmetodes, produk mengsels en organisasiestrukture voortdurend verander. Die toenemende hoeveelheid inligting wat benodig word om goedere en dienste te produseer, tesame met die ont wikkeling van suiwer inligtingsprodukte, word deur Rada (in Giarini, 1987: 132) na verwys as die 'informatization of society' en impliseer 'n hoer tegnologiese inhoud in land bou-, fabrieksen diensteproduksie. Dit het vinniger, goed koper en doeltreffender geword om inligting elektronies te versend en te stoor, met die landbou-, die sekondere en die " dienstesektor wat voordeel trek uit skaalvoordele wat moontlik gemaak word deur gesentraliseerde produksie en die elektroniese verspreiding van dienste. As gevolg van die toenemend belangrike rol wat inligting in veral besigheids dienste soos finansiele dienste, ingenieurswese, asook marknavorsing en ontwikkeling betrokke by industrialisasie speel, is inligtingstegnologie tot feitlik 'n produksiefaktor in eie reg verhef (Lanvin, in Bressand & Nicola'idis, 1989: 105). Die aanwending van inligtingstegnologie dra grootliks by tot die outomatisering van roetinef unksies, die verbetering 17 van die produktiwiteit van landbou-, fabrieksen dienste aktiwiteite, asook die integrering van verskeie produksie funksies. Inligtingstegnologie se vermoe bet ook daartoe bygedra dat die vier bekende en tradisionele kantoorpligte, naamlik die versameling, verwerking, berging en herwin ning van inligting, geoutomatiseer is. Dit is as gevolg van die aard van hul roetinetake, dat veral klerklike funksies en dag-tot-dag administratiewe funksies gestandaardiseer en geoutomatiseer word. Selfs strategiese funksies soos dit van beplanning en bemarking steun toenemend op inligtingsteg nologie vir groter doeltreffendheid. Inligtingstegnologie het veral 'n groot invloed op die g biede van die bankwese, versekering, konsulwie en die in genieurswese (Roach, 1985: 20). Hierdie dienstenywerhede is, hoofsaaklik as gevolg van die beskikbaarheid van reke naars en verbeterde kommunikasienetwerlce, in staat om 'n veel wyer reeks dienste teen 'n hoer spoed en laer koste aan verbruikers te verskaf. Daar word vanuit 'n werkskeppings oogpunt soms met kommer gelet op die toename in alle daagse dienste-aktiwiteite SOOS die gebruik van outomatiese tellermasjiene by banke, selfbediening deur middel van telebanken telekoopfasiliteite, die koop van 'n busof treinkaartjie by 'n outomatiese masjien, asook selfbediening in afdelingswinkels en hipermarkte. Dit skyn asof selfs be stuurders en administrateurs die risiko loop om hul werk te verloor deurdat minder toesig benodig mag word. lnvloed van lnllgtlngstegnologle op werkve flng In flnanslAle lnstelllngs Gegewe die bogenoemde impak van inligtingstegnologie, tesame met die feit dat die fabriekswese as gevolg van hoer produktiwiteit potensieel al hoe minder werksgeleenlhede skep, kom die dienstesek.tor as alternatiewe bron van werlc skepping naas die primere en sekondere sektore, toenemend onder die soeklig. Kommer bestaan in verskeie oorde dat die vermoe van inligtingstegnologie om tradisionele take baie vinniger as fisiese arbeid te voltooi. die gebruik van kapitaaltoerusting ten koste van arbeid verder sat bevorder. Die vervanging van arbeid deur kapitaal hou uiteraard ne gatiewe implikasies vir werkskepping in (Barras, 1986: 763). Produksiewerkers se vermoens, gebaseer op jare se ondervinding en opleiding, word byvoorbeeld ondermyn deur 'n onpersoonlike stelsel van onder meer rekenaars wat hoer vlakke van werlcverrigting bied. Hierdie tendens het verder die potensiaal om die persoonlike verhouding wat tussen diensteverbruikers en dienstevoorsieners bestaan, soos in die geval van dokter en pasient, onderwyser en leerling, prokureur en klil!nt, in te krimp of heeltemal te vemietig. Hartwell (1978: 384) sluit hierby aan en verklaar dat modeme industrialisasie die verhouding tussen be stuurder en werknemer in die arbeidsmark verander bet, ter wy l die samevoeging van 'n groot aantal werkers in die selfde werkplek, ook nuwe sosiale probleme vir die werkersklas geskep het. Rajan (1987: 21) het in 'n studie bevind dat inligtings tegnologie die volgende drie onderskeibare invloede op 'n ekonomie en in besonder indiensname het, naamlik 'n proses-, produken organisatoriese effek.
18 Proseseffek van inligtingstegnologie Die proseseffek verwys na verlore indiensname as direkte gevolg van die outomatisering van produksie-, oordragen beheerprosesse (Rajan, 1987: 21). Dit berus op die veron derstelling dal inligtingstegnologie die inhoud en vonn van die inset-uitsetverhouding beiilvloed deurdal werknemers deur leapitaalloerusting vervang word. Dit is veral op die gebied van finansiele dienste, asook verspreidings-, kommunikasieen persoonlike dienste, waar inligtingsdienste die belangrikste rol in die rasionalisering van roetinefunksies speel en fisiese arbeid bespaar. Hotelle maak byvoorbeeld toenemend van rekenaars gebruik om roetinefunksies soos besprekings, verrekenings en voorraad beheer te outomatiseer. In die bankwese en versekering is dit outomatiese tellermasjiene (OTM's) en kragtige reke naars, wat funksies soos die direkte inbetaling van salarisse in persoonlike rekenings, saldo-navrae, verrekenings en on middellike premiekwotasies vir verskillende versekerings dienste outomaties en teen lae eenheidskoste, verrig. Klerklike personeel word in 'n grool mate deur hierdie proseseffek vervang, terwyl selfbediening deur die verbrui ker toeneem. In die algemeen wil dit dus voorkom asof die proseseffek as sodanig 'n negatiewe uitwerking op werkver sleaffing kan he. Dit lean egter ook positief wees in gevalle waar nuwe stelsels tot die ontwikkeling van spesialisen nuwe vaardighede lei en nie bestaande vaardighede direk vervang nie. Produkeffek van inligtingstegnologie Die produkeffek hou verband met ·n· toename in werksge leenthede wat hul oorsprong het in die ontwikkeling van nuwe goedere en dienste as gevolg van die gebruik van in ligtingstegnologie (Rajan, 1987: 22). Tegniese vooruitgang het nie slegs nuwe en meer produktiewe metodes ontwikkel ten einde bestaande produkte te verbeter en behoeftes te bevredig nie, maar ook nuwe produkte en nuwe behoeftes geskep (Thirlwall, 1982: 31). So byvoorbeeld het die was masjien, stofsuier, video-opnemer, sakrekenaar en per soonlike rekenaar veel meer nuwe behoeftes en nuwe werksgeleenthede geskep as wat vemietig is. Die gebruik van inligtingstegnologie in finansiele dienste het tot kwantitatiewe toenames in arbeidsproduktiwiteit, produkverskeidenheid, kostebesparings en verbeterings in die kwaliteil van dienste gelei (Howells, 1988: 88). 'n Spre kende voorbeeld hiervan is die modeme kredietkaart wat vir banksake en vir aankope gebruik kan word. Die groter ver skeidenheid van funksies wat as gevolg van verbeterde tegnologie teen 'n hoe spoed met behulp van 'n kredietkaan gedoen kan word, spreek die moderne verbruiker aan en dien terselfdenyd as uitstekende bemarkingsinstrument. Op die gebied van versekering het die vermoe van groot rekenaarstelsels die ontwikkeling van massa gestandaar diseerde, verbruikergerigte dienste bevorder. By bouver enigings lei die nuwe beskikbare dienste tot onder meer toenemende spaaren huiseienaarsleapstransaksies, wat op hut beun weer tot groter besigheidsvolume en taknetwerke lei. Die aantal en verskcidenheid finansiele produkte wat aan klante gebied word, het gedurende die afgelope jare dan ook skerp toegeneem en die toename is as't ware groter as S.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1992,23(1) die toename in klientegetalle (Rajan, 1987: 23; Thirlwal� 1982: 31). Koste-effektiewe werkmetodes en deregulering as gevolg van die gebruik van modeme inligtingstegnologie, het finansiele instellings gevolglik in staat gestel om hut dienste-aktiwiteite te vermeerder, hut geografiese markte 1e vergroot, nuwe produkte te ontwikkel en werkverskaffmg le bevorder. In al die bogenoemde gevalle het die groter sakevolume oolc groter persoonlike skakeling tussen personeel en klien1e insake navrae, eisehantering, die verwerking van nuwe aan soeke, asook skakelwerk met makelaars tot gevolg. Dit lei op sigself nie net tot 'n groter mate van werkverskaffing nie, maar lean ook tot 'n groter mate van werksverryking en werkstevredenheid aanleiding gee. Organisatoriese effek van inligtingstegnologie Hierdie derde effek het veral 'n invloed op die heerfunksie van firmas. Die organisatoriese effek laat nie slegs die outomatisering van beheerfunksies toe deur die vermindering van toesighouers nie, maar akkommodeer <d organisatoriese ontwerp wat tot skaalvoordele en groter doeltreffendheld bydra (Rajan, 1987: 21). Die modeme supermark en hipermark is goeie voorbeelde van organi satoriese innovasie wat sterk op rekenaanegnologie steun. Die gebruik van aftasters by betaalpunte hou byvoorbeeld rekord van verkope en voorrade en verhoog daardeur die produktiwiteit van arbeid. Die organisatoriese effek impli seer dat die rot van die bestuurder al sterker op die voor grond tree, en inligtingstegnologie vereis in der waarheid 'n nuwe tipe bestuur. Spoed en betroubaarheid van inligting is tans baie langrik en word deur rekenaanegnologie gesteun. Veral wat finansiele dienste betref, is markte lewendiger, wisselkome en rentekoerse fluktueer meer, die omvang van finansiele instrumente soos verbande en aandele neem toe en dit word komplekser van aard. Bestuurders maak gevolglik mend van rekenaars vir konferensiedoeleindes, ondersteu ningen inligtingstelsels,databanke, en dies meer, gebruik. Volgens Drucker (1988: 2) sal die organisasie van die moderne ondememing in die toekoms al meer op inligting gebaseer wees en sal die werkerskorps grootliks uit spe sialiste bestaan. Bestuur sal min ooreenstemming met die huidige en tradisionele opdragen beheerfunksie toon, wat steeds as die norm in die meeste handboeke voorgehou word. Deurdat daar toenemend van inligtingstegnologie ge bruik gemaak word, sal die besluitnemingsproses, bestuur struktuur en die wyse waarop werk verrig word, verander. Die belangrikste uitvloeisel hiervan is dat die aantal be stuurders en die vlakke van bestuur sal krimp, met veral middelpersone in bestuur wat sal verminder en heelwat staande bestuurders oorbodig sal maak. Die teenwoordig heid van meer spesialiste in die werksituasie kan tot gevolg he dat werknemers hut eie prestasies bestuur en dissiplineer deur middel van die georganiseerde terugvoering van kol legas, klitnte en hooflcantoor. Dit bevestig weer eens die gespesialiseerde kennis en opleiding wat van die modemC bestuurder verlang word. Dit is duidelik dat, ten einde die invloed van inligtings tegnologie op werkskepping te bepaal, die netto effek van die drie genoemde en interafhanklike effekte in sy geheel
S.Afr J .Bus. Mgmt.1992,23(1) bestudeer moet word. lnligtingstegnologie lei op die oog af tot die totstandkoming van 'n groot verskeidenheid nuwe produkte en veranderings in produksie wat aan die een kant kapitaal, arbeid. materiaal en energie bespaar, maar aan die ander kant tot 'n selfs groter verbruik van hierdie produk siefaktore kan lei. As gevolg van die feit dat die drie nie in dividueel gekwantifiseer kan word nie, moet die neuo effek van inligtingstegnologie eenter in kwalitatiewe tenne uit gedruk word. Navrae by vaste eiendoms-, versekeringsen finansiele dienste-instellings in Suid-Afrika, dui daarop dat die proses-, produken organisatoriese effekte soos hierbo verduidelik is, wel in Suid-Afrika posgevat het, alhoewel die presiese omvang daarvan om etiese redes nie in absolute terme gekwantifiseer kan word nie. In Tabel I word die werkverskaffingsyfer en die ooreen stemmende reele jaarlikse syfer van die toegevoegde waar de, uitgedruk in konstante 1985-pryse, in die Suid-Afri kaanse bankwese, versekeringswese en bouverenigings vir die periode 198�9. aangetoon. Die twee reekse syfers, naamlik indiensname en toegevoegde waarde, is vir elke subsektor met behulp van die TSP-rekenaarprogram gekor releer. Die korrelasie-koeffisiente (r) verskyn onder aan die tabel en is vir die bankwese, versekeringswese en bouver enigings op onderskeidelik 0.992, -0.347 en 0.949 bereken. Tabel I se gegewens dui eerstens daarop dat gesament like indiensname in die bankwese, versekering en bou verenigings vir die genoemde tydperk in Suid-Afrika in taal met gemiddeld 46.7% of gemiddeld 4.67% per jaar toegeneem het. Die individuele toename in werkverskaffing van die drie subgroepe vir die tydperk 1980--89 is soos volg bereken: bankwese (37.1%), versekering (70.1%) en bou verenigings (32.8%). Tabel 1 Jaarlikse werkverskaffing en toegevoegde waarde in die bankwese, versekering en bouverenigings in Suid-Afrika 1980-89 (Getalle) Jaar Bankwese Versekering Bouverenigings lndiensBydrae lndiensBydne lndiensBydne name tot BBP name tot BBP name tot BBP (Getal) (Rm) (Ge1al) (Rm) (Getal) (Rm) 1980 69 178 2075 36 973 869 16 635 1489 1981 75 253 2349 39 594 914 18 132 1561 1982 79 931 2466 42 684 863 19 066 1703 1983 83 535 2549 46 121 883 19 949 1784 1984 88 584 2731 48 255 900 20 588 1982 1985 88 734 2794 50 967 865 20 871 2032 1986 87 928 2758 50 794 867 21 021 21 11 1987 88 059 2739 53 169 900 20 966 2223 1988 92 614 2925 58 478 867 21 391 2294 1989 94 870 3073 628TI 859 22 089 2360 r = 0.992 r = -0.347 r = 0.949 Bron: Suid-Afrikaanse Reserwebank: Ongepubliseerd. 19 Die korrelasie-koeffisiente (r) van 0.992 en 0.949 in die geval van onderskeidelik die bankwese en bouverenigings aoon 'n sterk positiewe korrelasie tussen die tydreekse aan. Dit dui op 'n sterk moontlikheid dat, ceteris paribus, stygende indiensname in albei hierdie sektore met 'n feitlik ooreenkomstige persentuele toename in toegevoegde waarde gepaardgaan. Die korrelasie-koeffisient wat in die geval van versekering bereken is, naamlik -0.347, toon dat geen af leiding in terme van 'n moontlike verband tussen indiens name en toegevoegde waarde vir hierdie sektor gemaak kan word nie. Die feit dat indiensname by bankwese, versekering sowel as bouverenigings gedurende die tydperk 1980--89 toege neem het, laat die vermoede ontstaan dat die grocer mate van werkverskaffing wel aan die proses-, produken orga nisatoriese effekte toegeskryf kan word Daar is reeds vrt>eer aangedui dat die bydrae van elk van die effekte nie in absolute terme gekwantifiseer kan word nie. Die ontstaan van nuwe produkte en dienste as gevolg van inligtingsteg nologie -die sogenaamde produkeffek -het werkver skaffing in Suid-Afrika dus gestimuleer. Gedurende die tagtigerjare het banke byvoorbeeld verskeie nuwe produkte begin bemark wat direk aan inligtingstegnologie gekoppel kan word. Bo en behalwe die bekende kredietkaart, sluit ander nuwe produkte die volgende in: garagekaarte, sleutel kaarte, bankteldienste, 'n verskeidenheid beleggings produkte, asook 'n groter verskeidenheid dienstefunksies wat deur outomatiese tellermasjiene gelewer kan word. Die omskakeling van bouverenigings in banke het ook tot groter werkverskaffing in eersgenoemde gelei. Bouver e.,igings ding tans toenemend met banke mee in die le wering van dienste soos persoonlike lenings, tjekfasiliteite en kredietkaarte. 'n Groter werkerskorps word benodig om die groter volume nuwe produkte en kliente te hanteer. Meer makelaars word ook in diens geneem deurdat bouver enigings tans toenemend hul klilnte se eie versekering behartig en hulle ook aangaande beleggingsmoontlikhede adviseer. Spesialiste wat voorheen in banke gewerk het, is veral na die topbestuur van bouverenigings gelok ten einde die bedryf in staat te stel om by veranderende finansiele omstandighede aan te pas. Die omvang van 'n moontlike netto toename in topbestuurindiensname, as gevolg van hoofsaaklik die produkeffek, word in 'n sekere mate deur die publikasie van syfers deur die Sentrale Statistiekdiens in verband met vakatures wat vir besturende, uitvoerende en administratiewe werkers bestaan, gei1lustreer (RSA, 1989: 207). Die aantal vakatures het vanaf 1508 in 1977 tot 7'247 in 1987 toegeneem, dus 'n toename van 380.6%. Die beskikbaarheid van meer produkte het ook op verse keringsgebied meer werksgeleenthede vir bemarkers en ad viseurs geskep. As gevolg van inflasie het die publiek meer bewus geword van versekering ten einde voorsiening te maak vir gebeure soos dood, ongeskiktheid en aftrede. Nuwe produkte wat veral gedurende die tagtigerjare bemark is, sluit onder meer die volgende in: trauma-versekering teen hartaanvalle en kanker, tienjaar-beleggingsplanne wat belastingvoordcle inhou, asook beleggings wat voorsiening maak vir studiegeld. Die Suid-Afrikaanse publiek spaar tans eerder by wyse van versekering in die vorm van annu'iteite en effektetrusts as by wyse van die konvensionele banken poskantoorrekeninge.
20 Samevattlng Uit die bogenoemde bespreking wil dit voorlcom asof die groter gebruikmaking van die rekenaar in Suid-Afrika se finansiele sektore, indiensname nie so nadelig beinvloed soos wat aanvanklik verwag of selfs gevrees is nie. Die be skikbaarheid van 'n groter verskeidenheid produkte en dienste in die vaste eiendoms-, versekeringsen finansiele dienste-instellings, het tot gevolg dat die omvang van reke naartoevoer en -afvoer steeds toeneem en meer werknemers verg om inligting na te gaan en te verwerlc. 'n Groter aantal rekenaargeletterde persone word ook in diens geneem ten einde die nodige rekenaarprodukte en -stelsels daar te stel, verder te ontwikkel en in stand te hou. summary Information services in the form of computers, data banks and telecommunication networks, have become the common and most important intermediate input in almost all modem production activities and serve other service and manu facturing enterprises. The application of information techno logy has to a great extent contributed to the automation of routine functions, as well as the integration of various p duction functions. Information technology has great influence on specifi cally the fields of financial and distribution services, distribution, consultation and engineering. Fear exists in various circles that the capacity of information technology to complete traditional tasks much faster than physical labour, will benefit the use of capital equipment at the expense of labour. The influence of information technology on employment should, however, be considered in terms of the three dis tinguishing effects of information on an economy, namely the process, product and organii.ation effects. The process effect refers to lost employment due to the automation of production, transfer and conlrol processes. The product effect concerns the increase in job opportunities which originate from the development of new goods and services as a result of the use of information technology. The or ganii.ation effect influences the control functions of firms. It implies that the role of the manager is brought slronger to the fore, with information technology in effect requiring a new type of management In South Africa, employment and value added have in creased in the building society and banking fields during the period 1980-89. These increases are attributed to the product effect specifically. The origin of new products and services as a result of information technology -the so called product effect -has stimulated employment in South African banks and building societies. During the eighties banks have started to market new products that are directly linked to information technology. These products include the well-known credit card as well as garage cards, key cards, banktel services, various investment products and different autobank services. The change over of building S.-Afr.Tydskr.Bedryfsl.1992,23(1) societies into banks has led to higher employment in the former. The availability of more products has also created more job opportunities in the field of insurance. New products which have been marketed since the eighties, include ten year investment plans with tax advantages, investments that make provision for study, as well as trauma insurance against heart attacks and cancer. In order to determine the influence of information tech nology on employment, it is therefore necessary to study the net effect of the three above-mentioned and interlinked effects. It appears as if the use of the computer in the South African financial sectors, has not influenced employment as negatively as was initially feared . Erkennlng Geldelike bystand, gelewer deur die Sentrum vir Weten skapontwikkeling (voorheen RGN: INO) vir hierdie navor sing, word hiermee erken. Menings wat in hierdie publika sie uitgespreek is en gevolgtrekkings waartoe gekom is, is dit van die outeurs en nie noodwendig dit van die Sentrum vir W etenskapontwikkeling nie. Verwyslngs Barras, R. 1986. New technology and the new services. Fulures, December: 748-772. Drucker, P.F. 1988. The coming of the new organisation. Dialogue, No. 82: 2-7. Hartwell, R.M. 1978. The service revolution: the growth of services in modem economy. In The FonlQJ'IIJ economic history of Europe, Capella, C.M. (ed.). Glasglow: William Collins. Houghton, D.H. 1973. The Soulh African economy. 3rd ed. Cape Town: Oxford University Press. Howells, J. 1988. Economic, technological and localional trends in European services. Gower: Brookfield. Kumets, S. 1966. Modern economic growth: rale, structure and spread. Connecticut: Yale University Press. Lanvin, B. 1989. Information, services and development In Stralegic trends in ser11ices, Bressand, A. & Nicolaidis, K, (eds.). New York: Harper & Row Publishers. Meier, G.M, 1989. Leading issues in economic development. 5th ed. New York: Oxford University Press. Nicolaides, P. 1989. Liberalizing service trade. London: The Royal Institute of International Affairs. Rada, J.F. 1987. Information technology and services. In The emerging service economy, Giarini, 0. (Ed.). Oxford: Per gamon Press. Rajan, A. 1987. Services -the second industrial revolution? London: Butterworths. Republiek van Suid-Afrika. Sentrale Statistiekdiens. 1989. Suid Afr ikaanse Arbeidstatistieu. Pretoria: Staatsdrukker. Roach, S.S. 1985. The information economy comes of age. /nformalion MQJ'IIJgement Re11iew, Vol. 1, No. 1: 9-18. Suid-Afrikaanse Reserwebank. Ongepubliseerde data. Thirlwall, A.P. 1982. Deindustrialisation in the United Kingdom. Uoyds Banlc Review, No. 144: 22-37.