Vlermuise
Abstract
(Uploaded by Plazi for the Bat Literature Project) No abstract provided.
Full text
VIermuise (Chiroptera) gaan by die meeste mense ongesiens verby alhoewel hulle naas die knaagdiere (Rodentia) die tweede grootste groep soogdiere is. Die orde bevat ongeveer 175 genera en 950 spesies. Die wetenskaplike term Chiroptera is afgelei van twee Griekse woorde wat hand-vlerk beteken. Die groep diere is die enigste soogdiere wat aktief kan vlieg. Hulle is soogdiere omdat hulle onder andere 1. kliere besit - die opvallendste is melkkliere; 2. bedek is met hare; 3. lewendbarend is met 'n plasenta wat die voeding van die embrio tydens ontwikkeling behartig. J.P. Watson Liggaamsdele van 'n vlermuis. Walker, Mammals o f the World. Die agterste ledemate van die diere is gewoonlik swak ontwikkel omdat die grootste deel van hulle aktiewe bestaan deur vlieg in beslag geneem word. Die ledemate word hoofsaaklik gebruik om mee te hang of om vas te klou. Die lang naels op die tone word gebruik om die pels mee te kam en te versorg. Vlermuis wat klcinijies soog. Walker, M am m als o f ihe World. Die vlerk van die vlermuis is slegs ’n verlenging van die vingerbeentjies. Verder het ’n vlerkmembraan ontwikkel tussen die vingerbeentjies. Die vlerk membraan strek ook vanaf die skouers tot by die agterste ledemate en sluit ook soms die hele of 'n deel van die stert in. Aangesien die diere baie vlieg. word 'n groot hoeveelheid energie tydens vlug gebruik. Om dus te verhoed dat die liggaam nie te warm word nie, funksioneer die baie dun vlerkmembraan. waardeur warm bloed vloei, as ’n verkoeler. Sodoende word die liggaamstemperatuur tydens aktiewe periodes binne perke gehou. X-siraal \an 'n vlermuis wat skelei en verlengde vingerbeentjies toon. Walker. M am m als o f the World. VIermuise is hoofsaaklik naglewend en in die meeste gevalle uitmuntende vlieers. Om in die swak lig te kan sien, het die diere twee metodes ontwikkel om hulle in hul omgewing te orienteer en om hulle voedsel te bekom. Sommiges gebruik hulle oe, wat goed ontwikkel is, terwyl ander gebruik maak van eggolokasie. 4
Eggolokasie kan met radar vergelyk word. Tydens vlug bring die diere aanhoudend hoe skreegeluide uit die keel of neus voort of maak klikgeluide met die tong. Die klankgolwe weerkaats van voorwerpe af terug en sodoende kan hulle vertroud raak met hul omgewing. Die skreegeluide se frekwensie (trillings) is ongeveer 50 000 vibrasies per sekonde, wat twee en 'n half maal hoer is as die hoogste klank wat die menslike oor kan hoor. Om hierdie twee aanpassings doeltreffend te maak, het gesigsveranderinge plaasgevind. Derhalwe is daar 'n verskeidenheid kop-, oog-, neus-, ooren mondvorms. Vlermuise word in twee hoofgroepe ingedeel. Eerstens is daar die vrugtevretende vlermuis (Megachiroptera). Hierdie diertjies is groot en het goed ontwikkelde oe. Op ’n paar uitsonderings na maak hulle dus nie van eggolokasie gebruik nie. Die grootste vlermuise ter wereld behoort aan hierdie groep, soos die Orientale-vlieendevosse (Pleropus) met ’n liggaamslengte van tot 30 cm en ’n vlerkspan van tot 1,5 meter. vlermuise word gewoonlik nou geassosieer met woude of gebiede met baie bome. Die ander hoofgroep is die insekvretende vlermuise (Microchiroptera) wat hoofsaaklik van eggolokasie gebruik maak. Hulle is heelwat kleiner en daar is baie meer soorte as die vorige groep. Hulle is meestal goeie vlieers. Hierdie diere vang insekte deur hulle soms te agtervolg. Dit skep die indruk dat die diere lomp en ongeorienteerd tydens vlug is. Die insekvretende vlermuise word oral gevind behalwe by die pole. Die diere vreet nie net insekte nie maar sommige soorte vreet ook nektar, vis, muise, akkedisse, klein soogdiertjies en selfs vlermuise. Tot dusver is vlermuise in die algemeen bespreek. By ’n volgende geleentheid sal die soorte vlermuise wat in die Vrystaat voorkom, in oenskou geneem word. Variasie in gesigsvorms. Walker, Mammals o f the World. Die grootste vlermuis in Afrika is die Hamerkopvrugtevlerm u is ( H yp sign a th u s) met ’n liggaamslengte van tot 26 cm en 'n vlerkspan van tot 1,2 meter. Hierdie diere is hoofsaaklik beperk tot sentraal Afrika. In Suid-Afrika is daar drie kleiner tipes vrugtevretende vlermuise wat aan hierdie groep behoort, naamlik die Witkol-vrugtevlermuis (Epomophorus), Geel-vrugtevlermuis (Eidolon) en die Egiptiese-vrugtevlermuis (Rousettus). Hierdie BIBLIOGRAFIE K1NGDON. J. 1974. East African Mammals. Vol. II London: Academic Press. LYNCH. C.D. 1975. The distribution of mammals in the Orange Free State. South Africa. Navurs. nas. Mus.. Bloemfontein 3: 109139. POTGIETER, D.J., DU PLESS1S P C & SKA1FE S. H 1971. Animal life in southern Africa. Kaapstad: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Bpk. RAUTENBACH, I.L. 1982. Mammals of the Transvaal. KcopIan monograph 1: I -211. VAUGHN. T.A. 1972. Mammalogy. Philadelphia: W.B. Saunders Company. 0 5