Keuse van 'n vooruitskattingstegniek
Abstract
EconStor is a publication server for scholarly economic literature, provided as a non-commercial public service by the ZBW.
Full text
Gous, S. C. Article Keuse van 'n vooruitskattingstegniek South African Journal of Business Management Provided in Cooperation with: University of Stellenbosch Business School (USB), Bellville, South Africa Suggested Citation: Gous, S. C. (1984) : Keuse van 'n vooruitskattingstegniek, South African Journal of Business Management, ISSN 2078-5976, African Online Scientific Information Systems (AOSIS), Cape Town, Vol. 15, Iss. 2, pp. 128-133, https://doi.org/10.4102/sajbm.v15i2.1116 This Version is available at: https://hdl.handle.net/10419/217861 Standard-Nutzungsbedingungen: Die Dokumente auf EconStor dürfen zu eigenen wissenschaftlichen Zwecken und zum Privatgebrauch gespeichert und kopiert werden. Sie dürfen die Dokumente nicht für öffentliche oder kommerzielle Zwecke vervielfältigen, öffentlich ausstellen, öffentlich zugänglich machen, vertreiben oder anderweitig nutzen. Sofern die Verfasser die Dokumente unter Open-Content-Lizenzen (insbesondere CC-Lizenzen) zur Verfügung gestellt haben sollten, gelten abweichend von diesen Nutzungsbedingungen die in der dort genannten Lizenz gewährten Nutzungsrechte. Terms of use: Documents in EconStor may be saved and copied for your personal and scholarly purposes. You are not to copy documents for public or commercial purposes, to exhibit the documents publicly, to make them publicly available on the internet, or to distribute or otherwise use the documents in public. If the documents have been made available under an Open Content Licence (especially Creative Commons Licences), you may exercise further usage rights as specified in the indicated licence. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Keuse van 'n vooruitskattingstegniek S.C. Gous Departement Bedryfsekonomie, Randse Afrikaanse Universiteit, Johannesburg Choice of a fonicasting technique. Business forecasting has developed rapidly over the past few years as a result of the increasing complexity of the environment of the firm. Some researchers assert that businesses apparently experience three problems with reference to forecasting: a preference for the application of certain techniques is built up so that more suitable techniques are not utilized; not all relevant factors are taken into consideration in the choice of the most suitable technique; and managers often do forecasting themselves even though they possess little knowledge thereof. To handle the increasing variety and complexity of managerial forecasting problems, many forecasting techniques have been developed in recent years. Each has its special use, and care must be taken to select the correct technique for a particular application. The manager as well as the forecaster has a role to play in technique selection and the better the manager understands the range of forecasting possibilities, the more likely it is that a company's forecasting efforts will bear fruit. S. Afr. J. Bus. Mgmt. 1984. 15:128-133 Ondernemingsvooruitskatting het gedurende die afgelope jare, as gevolg van die toenemende kompleksiteit in die onder· nemingsomgewing, vinnig ontwikkel. Sommige navorsers beweer dat ondernemings veral drie probleme met betrekking tot vooruitskatting ondervind: 'n voorkeur vir die toepassing van bepaalde tegnieke word opgebou sodat meer toepaslike tegnieke nie benut word nie; alle relevante faktore word nie in ag geneem by die keuse van vooruitskattingstegnieke nie; en bestuurders doen dikwels self vooruitskatting alhoewel hulle oor weinig kennis daarvan beskik. Heelwat verskillende vooruitskattingstegnieke is gedurende die afgelope jare ontwikkel ten e.inde die toenemende kompleksiteit en verskeidenheid van vooruitskattingsvraagstukke die hoof te bied. Die bestuurder sowel as die vooruitskatter het 'n rol te speel in die keuse van ·n vooruitskattingtegniek en hoe beter die bestuurder die moontlikhede van vooruitskatting beset, hoe groter is die waarskynlikheid dat die onderneming se vooruitskattingspogings die nodige resultate sal oplewer. S.-Atr. Tydskr. Bedrytst. 1984. 15:128-133 S.C.Goa IJepartement Bedryfsekonomie, Randse Afrikaanse Universiteit, Posbus 524, Johannesburg 2000, Republiek van Suid-Afrika Aanvaar Maan 1984 lnleidlng Ondememingsvooruitskatting het gedurende die afgelope dekade of twee, veral as gevolg van die toenemende kompleksiteit in die ondememingsomgewing vinnig ontwikkel. Dit geld vir sowel die teoretiese aspekte van vooruitskatting as die praktiese toepassing daarvan. (Wheelwright & Makridakis, 1977:ix). Navorsers oor vooruitskatting beweer egter dat ondememings in die afgelope jare veral drie probleme met betrekking tot vooruitskatting ondervind het, naamlik: (a) 'n voorkeur word vir bepaalde tegnieke opgebou en ander word dan oor die hoof gesien; (b) alle relevante faktore word nie in ag geneem by die keuse van 'n geskikte vooruitskatting.~tegniek nie; en (c) bestuurders moet dikwels self vooruitskatting doen alhoewel hulle slegs oor 'n beperkte kennis van vooruitskatting beskik. (Wheelwright & Makridakis, 1978:2 - 3). Twee van genoemde probleme wentel spesifiek om die keuse van 'n geskikte vooruitskattingstegniek. Die keuse van 'n geskikte vooruitskattingstegniek word deur sommige bestuurders beskou as sou dit slegs die verantwoordelikheid van die vooruitskattingspesialis (hierin die vooruitskatter genoem) in die ondememing wees en dat hy, as bestuurder, geen rol daarin te speel het nie. In hierdie artikel word gepoog om: (a) te beklemtoon dat die keuse van 'n geskikte vooruitskattingstegniek 'n gesamentlike poging van die vooruitskatter en die bestuurder verg, en (b) 'n kort beskrywing te gee van die faktore wat by die keuse van 'n vooruitskattingstegniek ter sprake is. Wle Is verantwoordellk vir die keuse van 'n voorultskat· tlngstegnlek? Elke bestuurder in die ondememing is, afgesien van die vlak waarop hy horn in die ondememing bevind of die afdeling waar hy werksaam is, 'n besluitnemer. Daarbenewens, vereis elke besluit wat geneem word, 'n vooruitskatting van die een of ander aard. V ooruitskatting word derhalwe as een van die take van 'n bestuurder beskou. Aangesien vooruitskatting so 'n omvattende en gekompliseerde aktiwiteit geword het, is dit sinvol dat die doen daarvan aan spesialiste (vooruitskatters) opgedra word. Dit beteken egter nie dat die individuele bestuurder dan van vooruitskatting losgemaak is nie. Die behoefte aan bepaalde vooruitskatti~. die sogenaamde vooruitskattingsprobleem, ontstaan by die individuele bestuurders as besluitnemers. lndien die vooruitskatting maklik hanteerbaar is en/ of die ondememing nie oor personeellede
s. Afr. J. Bus. Mgmt. 1984, 15(2) met spesifieke vooruitskattingskundighede beskik nie, moet elke bestuurder met die oog op besluite wat hy moet neem, self die nodige inligting insamel, 'n tegniek kies, 'n vooruitskatting doen, dit toets en aanwend as inset in die besluitnemingsproses. Laastens moet hy mettertyd die werklike waardes (prestasie) met die vooruitskatting vergelyk ten einde die effektiwiteit van toekomstige vooruitskatting te verhoog. In gevalle waar vooruitskatting kompleks is en die onderneming oor vooruitskatters met spesifieke vooruitskattingskundighede beskik, moet die vooruitskatter die bepaalde vooruitskattings doen maar word die bestuurder nie van sy deelname onthef nie. Hy moet in so 'n geval deurgaans met die vooruitskatter saamwerk ten einde die beste vooruitskatting te verkry. Die bestuurder moet die vooruitskatter in die eerste plaas voorsien van alle relevante inligting waaroor hy beskik sodat Jaasgenoemde 'n effektiewe vooruitskatting kan doen. Chambers en ander skrywers (1971 :46) beweer dat wanneer bestuurders 'n vooruitskatter vra om 'n bepaalde projeksie te maak, hulle dikwels aanvaar dat die versoek op sigself - 'n kort beskrywing van die vooruitskattingsprobleem -genoegsame inligting vir die vooruitskatter verskaf om 'n effektiewe vooruitskatting te doen. Hierdie aanname is egter feitlik deurgaans foutief (Chamber, et al., 1971:46). Die vraag ontstaan vervolgens watter inligting die bestuurder aan die vooruitskatter moet verskaf. V oorbeelde van inligting waaroor die bestuurder normaalweg beskik en wat hy aan die vooruitskatter moet oordra, word hieronder aangetoon: (a) Die doel met die vooruitskatting met inbegrip van die tydstip waarop die vooruitskatting benodig word, dietermyn waarvoor die vooruitskatting gedoen moet word en die akkuraatheid wat vereis word. (b) Die elemente van die veranderlike, byvoorbeeld dat wins (indien dit vooruitgeskat moet word) uit die elemente opbrengs en koste bestaan. (c) Die faktore wat die veranderlike en/of komponente daarvan be'invloed of daarmee korreleer, byvoorbeeld dat die bruto binnelandse produk met verkope van die produk korreleer. Vir die vooruitskatter is die doe) waarvoor die bestuurder die vooruitskatting nodig het, besonder belangrik. Chambers en ander skrywers stel dit dat die belangrikste bydrae van die bestuurder tot die vooruitskattingsproses, uit die oogpunt van die vooruitskatter, die verskaffing van inligting is oor hoe die vooruitskatting in die besluitneming gebruik gaan word en die beraamde vlak van akkuraatheid wat nodig is vir die neem van die besluit (Chambers, et al., 1974:25). Vervolgens moet die bestuurder die vooruitskatter bystaan in die keuse van die vooruitskattingstegniek en die maak van bepaa)de aannames. Die tegniek wat gebruik en die aannames wat gemaak word, moet van so 'n aard wees dat die bestuurder dit begryp en daarrnee saamstem. Die bestuurder moet nie sy besluit baseer op 'n vooruitskatting wat hy nie verstaan nie of wat aannames bevat wat hy weet wat onrealisties is nie. Sodra die vooruitskatting deur die vooruitskatter voltooi en alle aannames omskryf is, word dit aan die bestuurder voorgele wat die vooruitskattingsresultate evalueer. Die korrektheid van die vooruitskatting is vir die bestuurder van groot belang want hy word verantwoordelik gehou vir die besluite wat hy op ~ond van die vooruitskatting moet neem. As die vooruitskattmg verkeerd of onakkuraat is, kan dit tot verkeerde besluitneming lei, wat ernstige gevolge vir die onderneming kan inhou. Indien die bestuurder tevrede is met die vooruitskattings- ------------------ 129 r~ultate, word die vooruitskatting as inset in die besluitnemmgsproses gebruik. Ten slotte moet die bestuurder: (a) v?Ortdurend aanpassings aan die vooruitskatting maak indten daar verandering binne of buite die ondememing intree; en (b) tesame met die vooruitskatter, mettertyd die werklike resultate met die vooruitskatting vergelyk ten einde toekornstige vooruitskattingsfoute te minimaliseer. Uit die voorgaande bespreking is dit duidelik dat die bestuurder altyd 'n sentrale rol in die vooruitskattingsproses speel en, wat die keuse van 'n geskikte tegniek aanbetref, of self die keuse maak of die vooruitskatter daarin moet bystaan. Faktore wat by die keuse van 'n voorultskattlngstegnlek ter sprake is By die keuse van 'n vooruitskattingstegniek is die eerste vraag wat ontstaan uiteraard watter tegnieke beskikbaar is. 'n Groot verskeidenheid tegnieke is met verloop van tyd ontwikkel. Hierdie tegnieke kan in twee bree groepe ingedeel word, naamlik kwantitatiewe en kwalitatiewe vooruitskattingstegnieke. Kwantitatiewe vooruitskattingstegnieke behels die gebruik van kwantitatiewe data -wat feitlik sonder uitsondering histories van aard is -ten einde vooruitskatting te doen. Waar kwantitatiewe historiese data egter nie beskikbaar of bruikbaar is nie, geskied vooruitskatting op grond van subjektiewe oordeel. Die tegnieke wat in laasgenoemde geval gebruik word, word kwalitatiewe vooruitskattingstegnieke genoem. In kwalitatiewe vooruitskattingstegnieke -dit word soms ook tegnologiese vooruitskattingstegnieke genoem -word daar dus hoofsaaklik van kwalitatiewe data wat soms die verlede in ag neem maar meestal nie, gebruik gemaak. In die geval van kwantitatiewe vooruitskattingstegnieke kan daar 'n onderskeid gemaak word tussen tydreeksen kousale (oorsaaklike) vooruitskattingstegnieke. Met tydreeksvooruitskattingstegnieke word bedoel kwantitatiewe vooruitskattingstegnieke ten opsigte waarvan die data wat vir vooruitskatting gebruik word, 'n tydreeks is. Die begrip 'tydreeks' impliseer 'n versameling waardes van die een of ander veranderlike of groep veranderlikes, wat oor 'n tyd waargeneem is. 'n Tydreeks bestaan uit een of meer van die volgende komponente wat kortliks beskryf word: -die langterrnyntendens (L), -die seisoenskommelings (S), konjunkteerof sikliese skommelings (K), -toevallige of onreelrnatige skommelings (T). Die langtermyntendens (L) Die langterrnyntendens is die reguit lyn of kromme wat die Jangterrnynstyging of -daling in die tydreeks aandui en alle skommelings uitskakel. 'n Tendenspatroon bestaan dus in die data as daar 'n algemene styging of daling voorkom. As daar geen sprake van 'n algemene styging of daling in die data is nie, word daar gepraat van 'n horisontale patroon in die data. Dit impliseer dat daar geen tendens in die data bestaan nie. Seisoenskommelings (S) Seisoenskommelings is die resultaat van ·'n reeks faktore wat hulle invloed jaarliks op bepaalde tydstippe laat geld en meebring dat die tydreeks betreklik reelrnatige fluktuasies (volgens seisoene) toon. 'n Seisoen kan 'n maand, week of dag lank duur of dit kan na die vier seisoene van die jaar verwys. As daar sodanige seisoenskommelings voorkom, word daar na
130 •n seisoenspatroon in die data verwys. Konjunktuurof sikllese skommelings (K) 'n Konjunktuurof sikliese patroon in die data is die gevolg van faktore wat saketoestande oor 'n tydperk van 'n jaar of meer be'invloed. Sodanige skommelings is nie altyd ewe intens nie en die tydsduur daarvan wis.d van ongeveer een tot 10 jaar. Toevallige of onr~lmatige skommellngs (T) Toevallige of onreelmatige skommelings kom voor vanwee toevallige gebeure soos droogtes. Dit bring 'n styging of daling mee, wat normaalweg heelwat korter as een jaar duur. Klousale of oorsaaklike vooruitskattingstegnieke is tegnieke wat gebruik word indien historiese data beskikbaar is en die verband tussen die faktor, ten opsigte waarvan vooruitgeskat word, en 'n ander faktor(e) (let wel, nie tyd nie) bekencl is of bepaal kan word. In Tabel I word 'n aantal bekende kwantitatiewe en kwalitatiewe tegnieke gelys. By die keuse tussen die verskillende beskikbare tegnieke is die eerste besluit derhalwe of van 'n kwantitatiewe of kwalitatiewe tegniek gebruik gemaak moet word. Die riglyn in hierdie verband is dat kwantitatiewe tegnieke gebruik behoort te word as kwantitatiewe historiese data beskikbaar is en kwalitatiewe tegnieke slegs wanneer kwantitatiewe historiese data nie beskikbaar of bruikbaar is nie. V ervolgens moet 'n spesifieke kwantitatiewe of kwalitatiewe tegniek gekies word ten einde die vooruitskatting te doen. Hierdie keuse moet gedoen word met inagneming van die aard van die besluitnemingsituasie vergeleke met die aard of vermoe van die bestaande tegnieke. Die opweging geskied met inagneming van veral vyf faktore wat vervolgens kortliks bespreek word, te wete: -aard en beskikbaarheid van data; akkuraatheid; -koste; termyn; en -toepassing. In Tabel 2 word 'n aantal bekende kwantitatiewe tegnieke na aanleiding van bogenoemde vyf faktore vergelyk. Aard en beskikbaarheid van data Met die aard en die beskikbaarheid van die data word bedoel label 1 'n Aantal bekende vooruitskattlngstegnieke K wantitatiewe tegnieke Tydreekstegnieke Kousale tegnieke S.-Afr. Tydskr. Bedryfsl. 1984, 15(2) die hoeveelheid kwantitatiewe en kwalitatiewe data wat beskikbaar is sowel as die datapatroon (horisontale, seisoens-, konjunktuuren tendenspatroon) wat die beskikbare data vorm. Sommige tegnieke vereis baie data terwyl ander met relatief min historiese data kan klaarkom. Die klassieke tegniek van tydreeksontbinding benodig byvoorbeeld 'n minimum van drie jaar se data op 'n maandbasis maar behoort eintlik ongeveer 10 jaar se data te he om die gestelde akkuraatheidsvlak (vergelyk Tabel I) te bereik. So ook is bepaalde vooruitskattingstegnieke effektief slegs as daar 'n horisontale patroon in die data bestaan, terwyl ander 'n komplekse datapatroon (byvoorbeeld waar daar 'n tendens-, seisoensen konjunktuurpatroon teenwoordig is) kan hanteer. Uit Tabel 2 blyk byvoorbeeld dat aanpassingsfiltrering, die klassieke tegniek van tydreeksontbinding, Census II en Foran II 'n komplekse datapatroon kan hanteer terwyl vooruitskatting met behulp van •n bewegende gemiddelde net 'n horisontale datapatroon kan hanteer. Akkuraatheid In die besluitnemingsituasie word verskillende grade van akkuraatheid met betrekking tot vooruitskatting vereis. Die graad van akkuraatheid wat verlang word, hang af van die aard van die besluit(e) wat geneem moet word. Indien belangrike besluite geneem moet word behoort die vooruitskatting akkuraat te wees. In sodanige gevalle behoort •n vooruitskattingstegniek gekies te word wat akkurate vooruitskattings moontlik maak. Bepaalde vooruitskattingstegnieke is akkurater as ander, dit wil se, hulle bet 'n kleiner vooruitskattingsfout as ander. Akkuraatheid omvat die akkuraatheid om die patroon in die data vooruit te skat sowel as die akkuraatheid om draaipunte vooruit te skat. Uit Tabel 2 blyk dat ekonometriese vooruitskatting baie akkuraat is wat vooruitskatting van die patroon aanbetref, terwyl 'n tegniek soos Census II en Foran II 'n hoe akkuraatheid met betrekking tot die vooruitskatting van draaipunte bereik. Koste By die keuse van 'n vooruitskattingstegniek moet die beskikbaarheid van fondse opgeweeg word teen die koste wat aangegaan word wanneer 'n bepaalde tegniek toegepas word. Kwalitatiewe tegnieke Vooruitskatting m.b.v. 'n rekeningkundige gemiddelde Vooruitskatting m.b.v. eenvoudige regressieen korrelasieanalise Nie-tydgebonde tegnologiese vergelyking Vooruitskatting m.b.v. 'n bewegende gemiddelde Vooruitskatting m.b.v. 'n geweegde gemiddelde Eksponensiele gladstryking Aanpassingsfiltrering Die klassieke tegniek van tydreeksontbinding Foran II Census II Absoluteveranderingen koers-van-verandering tegniek Box-Jenkinsmetode Vooruitskatting m.b.v. meervoudige regressieen korrelasieanalise Ekonometriese vooruitskatting Vooruitskatting m.b. v. inset-uitset-tabelle Die Delphi-tegniek Tegnieke van programwaardering en -hersiening Verbruikersvoorneme en klantverwagtings V ooruitskatting deur verkoopspersoneel Deskundige mening Toetsbemarking PATTERN ('Planning Assistance through Technical Evaluation or Relevance Numbers') K walitatiewe tendensekstrapolasie
s. Afr. J. Bus. Mgmt. 1984, 15(2) Dit is noodsaaklik omdat die ontwikkelingskoste, opbergingskoste en lopende verskil van tegniek tot tegniek. Uit Tabel 2 blyk dit byvoorbeeld dat ekonometriese vooruitskatting en vooruitskatting met behulp van inset-uitset tabelle 'n baie hoe totale koste het. Daar moet uiteraard teen gewaak word om die koste verbonde aan die gebruik van 'n bepaalde tegniek in afsondering te sien. Die koste moet steeds in verhouding tot die koste wat voortvloei uit onakkurate besluitnerning, gesien word. Termyn By die keuse van 'n vooruitskattingstegniek moet die tennyn waarvoor vooruitgeskat vergelyk word met die tennyne waarvoor bepaalde tegnieke akkuraat kan vooruitskat. So byvoorbeeld kan ekonometriese vooruitskatting gebruik word as oor die kort, mediumen lang termyn vooruitgeskat moet word, terwyl vooruitskatting met behulp van 'n bewegende gemiddelde net by die onmiddellike en kort terrnyn bruikbaar is. Toepassing Wat toepassing aanbetref is daar twee faktore wat bepalend is by die keuse van 'n geskikte tegniek, naamlik die tyd nodig versus die tyd beskikbaar om die vooruitskatting te doen en die gemak om die tegniek te verstaan en die resultate te interpreteer, versus die verrnoens in die ondememing. Die toepas131 sing van sommige tegnieke neem baie meer tyd in beslag as die van ander en sommige tegnieke is besonder ingewikkeld en moeilik en ander heel eenvoudig om toe te pas. In geheel gesien is vooruitskatting met behulp van meervoudige regressieen korrelasieanalise byvoorbeeld een van die moeilikste tegnieke om toe te pas (Vergelyk Tabel 2). Ondersoek by die groot vervaardlglngsondememlngs In die RSA In 'n ondersoek wat in 1978 in die Republiek van Suid-Afrika uitgevoer is, is gevind dat die groot vervaardigingsondememings besondere probleme met die keuse van die mees toepaslike vooruitskattingstegnieke ondervind het (Gous, 1978). (a) Hoewel TI% van die ondernemings aangetoon het dat hulle die beginsel om sover moontlik van kwantitatiewe tegnieke gebruik te maak, aanvaar, is daar ongeveer net soveel tyd aan vooruitskatting met behulp van kwalitatiewe tegnieke as aan die met behulp van kwantitatiewe tegnieke bestee. Dit blyk uit die feit dat 36% van die ondemernings aangetoon het dat hulle meer tyd aan die gebruik van kwantitatiewe as aan kwalitatiewe tegnieke bestee, 31 OJo meer tyd aan kwalitatiewe as aan kwantitatiewe tegnieke bestee en 33% net soveel tyd aan kwantitatiewe as aan kwalitatiewe tegnieke bestee. Tabel2 Vergelyking van 'n aantal kwantitatiewe vooruitskattingstegnieke na aanleiding van vyf faktorea Tydreeksmetodes Kousale metodes " 00 " " "'C: " J, " -~·= \) -~ GJ " " 4' :ii co ·;;; 00 J, ~ti UC .:!!) C ... - t; .2!>-g -c, oo·- c: C: .5!!> u ~ "'Ou u - "' -c, -c, ·- ~~ "' ·~ CIO " _,. ;!) -c, ::J .; e.; -g ~ ~ ~ 8. ~ ·- ..¥ -g .~ ·~ 5 -~ -~ E~ "' C: t]-~ "' -~~ g_,.:g oo:g O:S·- o·- ~ 8.:;; " "' Cl, ... ::J C: 0 v-,- > "'- C: ::J > =·- "·- -c, ... = 1:! ... .0 "' "' "' >UU ""'UU 0 ... ~] =~ E 3 E 5~] =- ~i:..g = 0 c .... :: GJ~t: _,. 0 " " II) II) II) " "' "' .:: " ~t~ ~t~ l,lJ ~ .s ! Faktore l,lJ ... OI) al OI) l,lJ " 00 !-~ <a:: !- 0 ~ u t.... Datapatroon Horisontaal X X X X X X X X Tendens X X X X X X X X Seisoens X X X X Konjunktuur X X X X Termyn Onmiddellike termyn (minder as I maand) X X X X X X X X Kort termyn ( I tot 3 maande) X X X X X X X \ X X Mediumtermyn (3 maande tot 2 jaar) X X X X X Lang termyn (2 jaar en !anger) X X X X X Koste Ontwikkelingskoste 1,0 1,0 0,5 3,0 4,0 4,0 6,0 5,0 3,0 6,0 8,0 10,0 (Skaal van 0 tot 10, Opbergingskoste 5,0 1,0 0,0 6,0 7,0 7,0 8,0 8,0 6,0 8,0 9,0 10,0 O laagste en 10 hoogste) Lopende koste 1,0 1,0 0,0 3,0 7,0 4,0 7,0 6,0 3,0 6,0 8,0 10,0 Akkuraatheid Vooruitskatting van 5,0 8,0 10,0 6,0 (Skaal van patroon 1,5 2,0 3,5 5,0 7,0 5,0 7,0 7,0 0 tot 10, 0 laagste en Vooruitskatting van 7,0 0,0 4,0 6,0 0,0 10 hoogste) draaipunte 0,0 0,0 0,0 0,0 6,0 3,0 8,0 Toepassing Tyd nodig om vooruit- (Skaal van skatting te doen 2,0 1,0 0,5 2,5 4,0 3,0 5,0 5,0 2,5 6,0 9,0 10,0 0 tot 10, Gemak om die tegniek te 0 laagste en verstaan en die resul8,0 9,0 7,0 3,0 3,0 10 hoogste) tate te interpreteer 10,0 10,0 8,0 9,0 7,0 9,0 7,0 "B 2d ·1 e John Wiley & Sons, 206207. ron: Wheelwright, S.C. & Makridakis, s. 1977. Forecasting Methods for Management, e ui gaw • _______________ - -
132 (b) Faktore wat by die keuse van 'n vooruitskattingstegnieke in gedagte gehou moet word, is soms oor die hoof gesien. Selfs die faktor wat byvoorbeeld deur die meeste van die ondememings in gedagte gehou is, naamlik die aard en die beskikbaarheid van data, is deur slegs 760/o van die ondememings in ag geneem. (c) Gesofistikeerde vooruitskattingstegnieke is deur relatief min van die vervaardigingsondememings in Suid-Afrika gebruik, soos uit Tabelle 3 en 4 blyk. Uit Tabel 3 blyk dat gesofistikeerde kwantitatiewe vooruitskattingstegnieke soos aanpassingsfiltrering, die klassieke tegniek van tydsreeksontbinding, Foran II, Census II en ekonometriese vooruitskatting, deur slegs 100/o en minder van die ondememings gebruik is. Uit Tabel 4 blyk dat gesofistikeerde kwalitatiewe vooruitskattingstegnieke ook min benut is. Tegnieke soos die Delphitegniek, PERT en PA ITERN, is onderskeidelik deur slegs 2, 6 en 1 OJo van die groot vervaardigingsondememings in SuidAfrika gebruik. As belangrikste rede vir die swak benutting van gesofistikeerde kwantitatiewe en kwalitatiewe vooruitskattingstegnieke is aangevoer dat die meeste bestuurders/vooruitskatters in die groot vervaardigingsondememings in SuidAfrika nie voldoende kennis van hierdie tegnieke het nie. 'n Voorkeur is derhalwe opgebou vir die enkele tegnieke wat hulle ken. Slotopmerklngs Alhoewel met 'n redelike mate van sekerheid beweer kan word dat die praktyk van vooruitskatting sedert 1978 in Suid-Afrika meer gesofistikeerd geraak het, bly dit vir bestuurders besonder belangrik om die volgende beginsels met betrekking tot die keuse van 'n geskikte vooruitskattingstegniek in ag te neem, naamlik: (a) Aangesien dit blyk dat kwantitatiewe vooruitskattingsteglabel 3 Kwantitatiewe vooruitskattingstegnieke wat deur die groot vervaardigingsondernemings in SuidAfrika vir vooruitskatting gebruik is (1978) Getal Persentasie van Tegniek ondernemings ondernemings Vooruitskatting m.b.v. 'n eenvoudige rekenkundige gemiddelde 197 48 Persentasieveranderingsmetode 224 55 Vooruitskatting m.b.v. 'n geweegde gemiddelde 129 32 Vooruitskatting m.b.v. 'n bewegende gemiddelde 198 48 Eksponensiale gladstryking 60 15 Aanpassingsfiltrering 8 2 Tendensekstrapolasie 115 28 Klassieke tegniek van tydreeksontbinding 22 5 Census II 2 0 Foran II 2 0 Box-Jenkinsmetode 7 2 Ekonometriese vooru1cskatting 41 10 Regressie en korrelasie 67 16 Inset-uitsettabelle 18 4 S.-Afr. Tydskr. Bedryfsl. 1984, IS(i) label 4 Kwalitatiewe tegnieke wat deur die groot vervaardigingsondernemings in Suid-Afrika vir vooruitskatting gebruik is (1978) Getal Persentasie van Tegniek ondernemings ondernemings Delphi-tegniek 10 2 Passing van krommes 42 10 Nie-tydgebonde tegnologiese vergelykings 6 Morfologiese navorsingsmetode 0 PATTERN ('Planning Assistance through Technical Evaluation or Relevance Numbers') 3 Deskundige mening 229 56 Verbruikersvoorneme en klantverwagting 231 56 Vooruitskatting deur verkoopspersoneel 193 47 PERT ('Programme Evaluation and Review Technique') 24 6 nieke meer objektief as kwalitatiewe vooruitskattingstegnieke is, behoort ondememings in die eerste plek van kwantitatiewe tegnieke gebruik te maak vir sover dit toegepas kan word. K walitatiewe tegnieke behoort gebruik te word slegs indien kwantitatiewe tegnieke nie toepaslik is nie. (b) Aangesien geen bepaalde vooruitskattingstegniek of groep tegnieke altyd die beste is om toe te pas nie, moet ondememings die aard van die besluitnemingsituasie met die van die beskikbare kwantitatiewe en kwalitatiewe tegnieke vergelyk ten einde die beste tegniek vir die besondere situasie te kies. Die volgende faktore moet by die keuse in gedagte gehou word: die aard en die beskikbaarheid van historiese data; die mate van akkuraatheid wat vereis word; die koste teenoor die akkuraatheid wat vereis word; die termyn waarvoor vooruitgeskat word; en die tyd en vermoens wat die toepassing van 'n bepaalde tegniek vereis. (c) Bestuurders en vooruitskatters moet hulle vergewis van die bestaande tegnieke sodat hulle objektief kan wees in die keuse van 'n vooruitskattingstegniek en hulle moet nie 'n bepaalde voorkeur vir sekere tegnieke opbou omdat hulle die ander nie kan toepas nie. Bestaande tegnieke kan ook aangepas word by die ondememing se spesifieke omstandighede. Spesifieke aandag behoort gegee te word aan sowel gesofistikeerde kwantitatiewe vooruitskattingstegnieke soos aanpassingsfiltrering, die klassieke tegniek van tydreeksontbinding, Census 11, Foran II en ekonometriese vooruitskatting, as kwalitatiewe tegnieke soos die Delphi-tegniek, PERT en PATfERN. Summary Since decisions are made on the basis of expected or predicted results, it is important that the manager is able to do or to assist the forecaster in doing forecasts. During recent years a number of techniques have been developed to aid in forecasting. These techniques can be separated into two broad classes, namely quantitative and qualitative techniques. This classification generally reflects the extent to which a forecast can be
s. Afr. J. Bus. Mgmt. 1984, 15(2) based directly on historical data. There are two basic types of quantitative techniques, namely time series techniques and causal models. Both the manager (decision maker) and the forecaster have roles to play in the selection of a forecasting technique that is most appropriate for the specific situation. A consideration of the characteristics of the decision-making situation versus the characteristics of the available techniques is the starting period for selecting a forecasting technique. The basis on which the techniques and the situation are reconciled should be one of value versus cost. The five major characteristics that must be considered are: the nature and availability of data, the degree of accuracy desirable, the time period to be forecasted, the cost versus the benefit of the forecast, the skill and knowledge required by the technique and the time available for doing the forecast. Qualitative forecasting techniques must only be used when 133 it is not possible to make use of quantitative techniques, that is primarily when historical data are scarce. Managers and forecasters must take care not to build up a preference for the application of certain techniques so that more suitable techniques are not utilized. They must therefore have a basic knowledge of all available forecasting techniques. All relevant factors must also be taken into consideration in the choice of the most suitable technique. Verwysings Chambers, J.C. et al.: 1971. How to choose the right forecasting technique, Harv. Bus. Rev. vol. 49:46. Julie-Augustus. Chambers, J.C. et al. 1974. An executive's guide to forecasting, New York: John Wiley & Sons, 25. Gous, S.C., 1978. Ondernemingsvooruitskatting in die groot vervaardigingsondernemings in die Republiek van Suid-Afrika, Ongepuliseerde D.Com.-proefskrif, Pretoria: Universiteit van SuidAfrika. Wheelwright, S.C. & Makridakis, S. 1977. Forecasting methods for management, 2de Uitgawe, New York: John Wiley & Sons, ix. Wheelwright, S.C. & Makridakis, S. 1978. Interactive forecasting, 2de Uitgawe, San Francisco: Holden-Day, Inc., 23.